Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rommelstatus: Rand kan tot R16,50 verswak

Die rand kan met sowat R2 teenoor die dollar verswak indien Moody’s Investors Service einde Maart (of vroeër) besluit om Suid-Afrika tot rommel af te gradeer.

Isaac Matshego, ekonoom van Nedbank.

Isaac Matshego, ekonoom van Nedbank, het in Kaapstad op die wynbedryf se jaarlikse VinPro-konferensie gesê die rand kan tot bo R16,50 verswak.

Daarna sal dit mettertyd stadig terugtrek.

Die rand is tans op R14,31. Hy glo die rand gaan teen die tyd wat die besluit geneem word, al tot R14,50 verswak het.

Matshego sê die afgradering gaan ’n invloed hê omdat Suid-Afrika se staatseffekte uit ’n belangrike indeks oorsee gaan val wat pensioenfondse gebruik om te besluit waar om te belê.

Die invloed kan potensieel $8 miljard wees, maar verlede jaar het internasionale fondsbestuurders reeds begin om staatseffekte te verkoop. Sowat $2 miljard is verlede jaar verkoop.

Die uitvloei ná die afgradering kan dus minder wees.

Matshego sê die graderingsagentskappe gaan die nasionale begroting einde Februarie baie fyn dophou.

Moody’s het reeds gewaarsku as die syfers nie verbeter nie, is ’n afgradering waarskynlik.

Die graderingsagentskap kondig sy besluit op 27 Maart aan.

Motshego het Absa se voorspelling herhaal dat belasting op toegevoegde waarde (BTW) waarskynlik vanjaar verhoog gaan word.

“Die regering het nie ’n aptyt om maatskappybelasting te verhoog nie. Dit sal ’n groot fout wees omdat dit nodig is dat maatskappye weer begin belê sodat die ekonomie aan die gang kan kom. Buitendien is maatskappybelasting reeds aan die hoë kant.

“Daar is groot aanduidings dat belasting op die een of ander manier verhoog gaan word. Daar is reeds op die mediumtermynbegroting duidelik aangedui daar is inkomste-maatstawwe nodig.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.