Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rooi ligte flikker oor SA ekonomie

Die golf van optimisme wat oor Suid-Afrika spoel sedert Cyril Ramaphosa president geword het, kan werkloosheid op kort termyn laat styg.

Die verswakking in die rand weens internasionale faktore kan die vooruitsig vir werkskepping in Suid-Afrika knou. Foto: Reuters

Meer ontmoedigde werksoekers (mense van werkende ouderdom wat hulle aan die arbeidsmark onttrek het omdat hulle lank nie kon werk kry nie) kan dalk weer begin werk soek en sal dus as werkloos getel word.

So sê Johannes Khosa en Dennis Dykes, ekonome van Nedbank, in hul jongste ontleding van Statistieke Suid-Afrika se kwartaallikse indiensnemingspeiling waarvolgens werkloosheid in die eerste kwartaal onveranderd was op 26,7%. Altesame 9,48 miljoen Suid-Afrikaners is nou werkloos, ontmoedigde werksoekers of sonder ’n ooglopende rede (soos dat hulle verder studeer, tuisteskeppers geword het of afgetree het) nie ekonomies aktief nie.

Daar is egter nog geen teken dat die getal ontmoedigde werksoekers daal nie. Inteendeel, in dié kwartaal is daar 249 000 meer ontmoedigde werksoekers as einde 2017, ’n styging van 9,8%. Sedert die eerste kwartaal van 2017 het dié groep met 510 000 mense of 22,4% toegeneem.

Ondanks die beter politieke klimaat is ekonome diep bekommerd oor die vooruitsigte vir Suid-Afrika se ekonomie.

Aan plaaslike front het sake- en verbruikersvertroue gestyg, wat op medium- tot lang termyn investering – en dus werkskepping – kan meebring. Terwyl beleidsvraagstukke soos die Mynbouhandves en grondonteiening sonder vergoeding nie opgelos is nie, glo Khosa en Dykes nie werkskepping gaan vinnig verbeter nie.

Wandile Sihlobo, ekonoom van die landbousakekamer Agbiz, sê nog ’n moontlike remskoen vir werkskepping, veral in arbeidsintensiewe sektore van die landbou soos vrugte- en groenteverbouing, is die voorgenome minimum loon. Plaaswerkers gaan aanvanklik R18 per uur, oftewel 90% van die minimum loon van R20 per uur, verdien.

Daar is ook wêreldfaktore aan die opbou wat Suid-Afrika se ekonomie – en dus werkskepping – kan knou. Dit sluit in:

  • Risiko’s vir inflasie, soos druk op die rand en die hoër olieprys;
  • ’n Afname in risiko-aptyt onder wêreldbeleggers, wat beleggings op Suid-Afrika se kapitaalmarkte kan knou;
  • Die dreigende handelsoorlog tussen die VSA en ander lande, met gepaardgaande invoertariewe; en
  • Die styging in die olieprys, wat Dinsdag deur $80 per vat gebreek het oor die spanning tussen die VSA en Iran oor Iran se kernkragprogram.


Meer oor:  Ekonomie  |  Ekonomiese Groei  |  Werkloosheid  |  Statistieke Suid-Afrika  |  Ssa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.