Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rusland verkoop dollarbates, koop yuan en euro

Rusland se sentrale bank het van $101 miljard se Amerikaanse bates ontslae geraak en sy reserwes begin oorskuif na die euro en die Chinese yuan te midde van ’n nuwe ronde Amerikaanse sanksies teen die land.

Rusland was in die eerste helfte van 2018 verantwoordelik vir 90% van die invloei in die Chinese effektemark in soos die land al hoe meer sy ekonomie in span teen Amerika se geopolitiese maneuvreerdery.Foto: Getty Images

Die Bank van Rusland het reeds in die tweede kwartaal van 2018 $44 miljard se euro en yuan aangeskaf luidens sy jongste verslag. Hy maak die data oor sy reserwes eers ses maande later bekend.

Hy het ook $21 miljard in Japanse jen belê.

Die yuan het in die tweede kwartaal van 2018 15% van Rusland se totale reserwes beslaan teenoor 5% aan die einde van die eerste kwartaal.

Dit plaas Rusland se yuan-bates nou op sowat tien keer die gemiddelde van internasionale sentrale banke. Sy yuan-bates beslaan nou sowat ’n kwart van die wêreldreserwe in dié geldeenheid, volgens data van die Internasionale Monetêre Fonds.

Die beleggingsbank Morgan Stanley raam dat Rusland in 2018 die grootste koper van Chinese staatseffekte was.

“Rusland is besig met ’n strategiese verskuiwing van minder dollars na meer bates in ander geldeenhede,” het Benn Steil, direkteur van internasionale ekonomie van die Amerikaanse dinkskrum Council on Foreign Relations, in New York gesê.

Die data wys op ’n dramatiese versnelling in die beleid wat Rusland reeds jare lank nastreef om sy blootstelling te verminder aan bates wat deur Amerikaanse beperkings geraak kan word. Taai sanksies teen belangrike Russiese maatskappye het die roebel vroeg in April 2018 gelooi en het vrese laat ontstaan dat nog beperkinge kan volg, soos maatreëls om Moskou af te sny van internasionale betaalstelsels.

Rusland is nie al land wat sy afhanklikheid van die wêreld se reserwegeldeenheid verminder nie te midde van toenemende pogings deur Washington om die ekonomie as hefboom vir geopolitieke doeleindes te gebruik.

Rusland se belegging in Amerikaanse staatseffekte het in Mei en Junie met sowat $81 miljard gedaal, luidens Amerikaanse data.

Rusland is nie al land wat sy afhanklikheid van die wêreld se reserwegeldeenheid verminder nie te midde van toenemende pogings deur Washington om die ekonomie as hefboom vir geopolitieke doeleindes te gebruik.

In die toenemende handelsoorlog tussen Amerika en China verlede jaar, het China ’n groot deel van sy Amerikaanse staatseffekte van die hand gesit terwyl amptenare in Europa voorstel dat die euro meer in streektransaksies gebruik word.

“Ons smyt nie die dollar weg nie, die dollar smyt ons weg,” het pres. Wladimir Poetin in November gesê. “Die onstabiliteit van dollar-betalings skep die behoefte vir talle internasionale ekonomieë om alternatiewe reserwe-geldeenhede te vind en vereffeningstelsels te skep wat onafhanklik van die dollar is. Ons is nie die enigste wat dit doen nie, glo my,” het hy gesê.

Rusland se reserwes is van die toptien grootstes ter wêreld, en was op $458 miljard einde Junie 2018.

Rusland was in die eerste helfte van 2018 verantwoordelik vir 90% van die invloei na die Chinese effektemark, luidens navorsing wat Morgan Stanley Donderdag gepubliseer het.

Die skuif weg van die dollar het die kredietgradering van Rusland se reserwes verlaag.

Die persentasie AA- gegradeerde bates het van 43% tot 27% geval, volgens die Bank van Rusland se verslag. Maar die opbrengs op die yuan-bates is hoër op 3,2% teenoor die 0,35% op dollar-bates.

“In suiwer ekonomiese sin is die kostevoordele van ’n massiewe verskuiwing na die yuan nie duidelik nie,” het Elina Ribakowa, ’n medegenoot by die Bruegel-dinkskrum in Brussel, gesê. “Maar dit maak sin as jy geopolitiek in ag neem.”

– Bloomberg

Meer oor:  China  |  Vsa  |  Rusland  |  Dollar  |  Staatseffekte  |  Euro  |  Yuan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.