Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rykste 1% besit nou 44% van alle geld

Die rykste 10% van mense in die wêreld besit nou nagenoeg 84% van al die finansiële bates.

euro, banknote
Die rykes word ryker en meer mense verarm. Foto: Pixabay

Die rykste 10% verwys na mense met ’n gemiddelde netto finansiële welvaart – dus hul finansiële bates nadat hul skuld afgetrek is – van €240 000 (oftewel R4,8 miljoen in vandag se wisselkoers). Hulle beloop dus nie 10% van die wêreldbevolking nie - hulle is ’n groep van net nagenoeg 52 miljoen mense, blyk uit Allianz se World Wealth Report vir 2019.

Die heel rykste 1% besit egter nagenoeg 44% van die wêreld se welvaart en is gemiddeld €1,2 miljoen (R23,8 miljoen) werd.

Die afgelope 20 jaar het die rykes boonop ’n groter deel van die wêreldwye welvaartpastei opgeslurp – wat die teorie bevestig dat dié wat het, ryker word. In 2000 het die rykste 1% van mense 41% van die wêreld se finansiële bates besit.

Allianz onderverdeel finansiële bates as sekuriteite (aandele en effekte); versekeringspolisse en pensioenfondse; en kontant in die bank. Dit sluit vaste en roerende bates soos eiendom, kuns, juweliersware en ander besittings uit.

Die verslag wys ook uit dat ongelykheid tussen lande aan die toeneem is. Ontwikkelde lande se gemiddelde welvaart per capita was in 2019 22 keer hoër as ontluikende lande s’n, teenoor 19 keer in 2018. Dis wel aansienlik beter as die 87 keer in 2000.

Tussen 2018 en 2019 het die middelklas van 1 miljard mense tot net minder as 800 000 mense gedaal.

Allianz vrees dat dié tendense in 2020 weens die Covid-19-pandemie gaan vererger.

In 2019 het nagenoeg 1 miljard mense wêreldwyd minder as die internasionale bestaansminimum van $1,90 per dag verdien. Die Wêreldbank raam dat 49 miljoen mense vanjaar teruggeplaas is in ekstreme armoede. Die meeste van hulle, 25,4 miljoen, is in Afrika en nog 20,1 miljoen in Asië.

Meer oor:  Superrykes  |  Welvaart  |  Rykdom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.