Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
SA afwesig by WEF-sessie oor regering

Suid-Afrika doen reeds te veel goed wat die land nie kan bekostig nie, soos reddingsboeie vir staatsondernemings. Boonop skep die debatte oor voorgeskrewe bates en onteiening sonder vergoeding net meer onsekerheid wat beleggers verjaag.

’n Paneelbespreking oor die Suid-Afrikaanse regering by die Wêreld- Ekonomiese Forum oor Afrika. Die enigste paneellid was Ann Bernstein van die CDE. Foto: Francois Williams

So waarsku Ann Bernstein, hoof van die Sentrum vir Ontwikkeling en Ondernemerskap (CDE).

Suid-Afrika is in ’n moeilike situasie, maar verlede jaar kon daar van ’n swak president ontslae geraak word sonder een geweerskoot, het Bernstein by die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) oor Afrika in Kaapstad gesê.

Maar die tydperk sedert die verkiesing in Mei is teleurstellend. Die ekonomie groei nie, die staatskas lyk benard en sterker leierskap is nodig.

Sy was die enigste paneellid op ’n sessie by die forum waar die eerste 100 dae van pres. Cyril Ramaphosa se regering bespreek is. Oliver Cann, mediahoof van die forum, het verduidelik die Suid-Afrikaanse regering is genooi om die sessie by te woon, maar hulle het glo ander afsprake gehad.

Te midde van kritiek van die gehoor oor die afwesige regering, het Cann toegegee die paneelbespreking is op kort kennisgewing gereël en dit sou onregverdig wees om die regering kwalik te neem.

Maar volgens die program was die paneelbespreking al verlede week op die lys van geleenthede by die forum.

Bernstein meen nietemin die beleidsdokument wat Tito Mboweni, minister van finansies, pas uitgereik het, is ’n stap in die regte rigting. Sy is nie seker wat Ramaphosa se plan is nie, maar die dokument oor ekonomiese beleid behoort gesteun te word.

As Ramaphosa Suid-Afrika binne drie jaar van 82ste op die lys van ekonomiese vryheid tot 50ste wil opstoot, is dit te stadig, meen Bernstein.

As jy groter dinamika in die ekonomie soek, moet jy kleiner ondernemings groter vryheid gee. Hulle moet groter vryheid hê om mense te kan aanstel en af te lê, meen Bernstein.

Meer oor:  Tito Mboweni  |  Cyril Ramaphosa  |  Kaapstad  |  Ekonomiese Groei  |  Beleid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.