Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
SA firmas met Britse bande ‘moet Brexit-slim bly’

Die nuwe handelsooreenkoms tussen Suid-Afrika en Brittanje bring meer sekerheid en voorspelbaarheid in toekomstige handelsbande, ongeag wat teen einde Oktober gebeur.

Só sê prof. Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit se sakeskool.

’n Moontlike “harde Brexit” moet steeds gemonitor word en gaan oor meer as net handelstariewe.

Maar die wyer implikasies van ’n moontlike “harde Brexit” – d.w.s. as Brittanje sonder ’n formele handelsooreenkoms uit die Europese Unie wegbreek – moet steeds gemonitor word en gaan oor meer as net handelstariewe, waarsku Parsons.

Suid-Afrikaanse ondernemings met belange in sowel Brittanje as die EU behoort dus met hul sakevennote daar te skakel oor gebeurlikheidsplanne om enige ontwrigting aan voorsieningskettings te beperk – ingeval Brittanje op 31 Oktober die EU verlaat sonder ’n ooreenkoms.

Die Britse regering het Woensdag ’n scenario-verslag gepubliseer van wat moontlik in die ergste scenario kan gebeur as Brexit sonder ’n ooreenkoms voortgaan. Dit sluit voedselkorte, openbare onrus en ernstige ontwrigting van vervoerroetes oor die Engelse Kanaal na Europa in. Vragmotors kan tot byna drie dae wag om deur die kanaaltonnel na Europa te ry, en Britte kan lang rye by Europese grensposte verwag.

’n Tekort aan sekere vars voedselprodukte en paniekaankope kan dit vererger, het Reuters berig.

David Maynier, Wes-Kaapse minister van finansies en ekonomiese geleenthede, het ook die ooreenkoms verwelkom want dit gee heelwat meer sekerheid aan uitvoerders van die Wes-Kaap. Brittanje was verlede jaar die tweede grootste uitvoerbestemming vir die Wes-Kaap, en die vierde grootste vir Suid-Afrika as geheel. Wyn is die hoof-uitvoerkategorie na Brittanje uit die Wes-Kaap, met R1,89 miljard se wyn wat verlede jaar soontoe uitgevoer is, het Maynier gesê.

Die ooreenkoms is tussen Brittanje en die Suid-Afrikaanse Doeane-unie (wat Suid-Afrika, Lesotho, Swaziland, Namibië en Botswana insluit) asook die buurland Mosambiek beklink.

Die ooreenkoms moet nog deur die kabinet onderteken en bekragtig word, en daarna moet die parlemente van die onderskeie lande dit goedkeur. Maar die departement van handel en nywerheid het Woensdagmiddag gesê ’n memorandum van verstandhouding is gesluit, wat handel ingevolge die bestaande EU-handelsooreenkoms sal laat voortgaan as dit nog nie betyds teen einde Oktober bekragtig is nie.

Meer oor:  Raymond Parsons  |  Ebrahim Patel  |  Brittanje  |  Eu  |  Handel  |  Handelsooreenkoms  |  Brexit  |  Invoer  |  Uitvoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.