Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
SA handel Vrydag sy Brexit-sake af
brexit
Brittanje is veronderstel om op 29 Maart van die EU weg te breek. Foto: Reuters

Oorblywende kwessies in Suid-Afrika se post-Brexit handelsooreenkoms met Brittanje sal na verwagting Vrydag afgehandel word, sê dr. Lionel October, direkteur-generaal van handel en nywerheid.

October het Woensdag aan die parlement se portefeuljekomitee oor handel en nywerheid gesê die nuwe handelsooreenkoms is 98% klaar.

Die Britse parlement het Dinsdag die Brexit-ooreenkoms van Theresa May, Britse premier, verwerp. Net 242 parlementslede het ten gunste van die ooreenkoms gestem, met 391 wat daarteen was.

Die Britse parlement vergader Woensdag weer om te stem of Brittanje die Europese Unie met of sonder ’n ooreenkoms moet verlaat, en Donderdag stem hulle of die hele proses uitgestel moet word.

Brittanje is veronderstel om op 29 Maart van die EU weg te breek.

Intussen het die Suid-Afrikaanse regering gewerk om ’n nuwe handelsooreenkoms met Brittanje af te handel wanneer Brexit plaasgevind het.

Rob Davies, minister van handel en nywerheid, het die komitee vroeër ingelig dat daar nog nie sekerheid is oor of Brittanje met of sonder ’n ooreenkoms die EU sal verlaat nie, en dit is waarom Suid-Afrika wou seker maak hy het ’n handelsooreenkoms.

Brittanje is die naasgrootste handelsvennoot van Suid-Afrika in die EU, en die grootste handelsvennoot in die EU vir landbouprodukte.

Die EU het tans ’n ekonomiese vennootskapsooreenkoms met die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG). Brittanje is deel hiervan, maar ná Brexit sal Brittanje nie meer deel wees van dié ooreenkoms nie.

Om handelsontwrigting te vermy is daar ooreengestem dat die ooreenkoms oorgerol sal word as ’n alleenstaande handelsooreenkoms tussen die Suider-Afrikaanse Doeane-unie waarvan Suid-Afrika deel is, en Mosambiek en Brittanje, het Xolelwa Mlumbi-Peter, adjunkdirekteur-generaal vir internasionale handel en ekonomiese ontwikkeling, verduidelik.

Een van die uitstaande probleme is Suid-Afrika se vermoë om insetprodukte van Brittanje te koop vir finale uitvoer van vervaardigde produkte na die EU en omgekeerd ingeval van ’n Brexit sonder ’n ooreenkoms.

Elke party moet gelyk behandel word, maar Brittanje vra tans beter behandeling as die EU.

Nog ’n kwessie is sanitêre en fitosanitêre maatreëls wat betref die invoer van landbouprodukte na die EU. Sodra Brittanje uit die EU is, sal hy sy eie raamwerk vir fitosanitêre maatreëls moet instel.

Die betrokke handelsministers van die Suider-Afrikaanse Doeane-unie, Mosambiek en Brittanje vergader Vrydag om uitstaande sake af te handel, sê Mlumbi-Peters. - Fin24

Meer oor:  Rob Davies  |  Handelsooreenkoms  |  Brexit  |  Handel  |  Ekonomie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.