Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
SA kan leer by Swede, sê Cyril
Pres. Cyril Ramaphosa.

Ierland, Suid-Korea, Nederland en Swede het in die verlede suksesvolle maatskaplike verdrae gevorm om hul ekonomiese groei aan te dryf, het pres. Cyril Ramaphosa Woensdag in die parlement gesê.

Hy het in antwoord op vrae gesê Suid-Afrika se sake-, arbeids- en staatsektor moet hulle ook weer opnuut verbind tot ’n maatskaplike verdrag om die ekonomie te laat groei.

Die sakesektor moet meer belê om die werksomstandighede van hul werknemers te verbeter en vaardighede te ontwikkel. Die arbeidsektor moet bydra om produktiwiteit te verbeter. Die regering het reeds begin om beleidsekerheid te herstel, het Ramaphosa gesê.

Volgens hom is dit in Suid-Afrika se DNS om probleme te oorkom wat lyk of dit onoorkombaar is.

Ná 2008 se finansiële krisis het die regering, die sakesektor en die arbeidsektor ook saamgespan om te verseker dat Suid-Afrika die ergste pyne van die internasionale geldkrisis kon vermy. ’n Soortgelyke projek is vroeg in 2016 aangepak om die impak van kredietafgraderings te hanteer in die vorm van die sogenaamde CEO Initiative, het Ramaphosa gesê. (Dit het gevolg op Ramaphosa se voorganger, Jacob Zuma, se afdanking van Nhlanhla Nene as minister van finansies in Desember 2015 en ’n skerp val in die rand-dollarwisselkoers. Ramaphosa het in Februarie vanjaar Nene heraangestel as minister van finansies.)

Ramaphosa sê Nedlac – die formele forum waar die regering, die sake- en arbeidsektor saamwerk – is vir baie mense in die buiteland ’n voorbeeld van hoe demokrasie werk.

Floyd Shivambu van die EFF het Ramaphosa daarop gewys dat die nasionale ontwikkelingsplan (NOP) nie die nasionalisering van die Reserwebank of die onteiening van grond sonder vergoeding insluit nie, maar die ANC se onlangse beleidskonferensie in Desember sluit dit wel in. Shivambu wou dus weet wat Ramaphosa se beleid nou dan is – die NOP of nie.

Volgens Ramaphosa is die NOP ’n ontwikkelende dokument. Hy weet elemente aan die linkerkant van die politiek soos Cosatu het reeds aangedui die hoofstuk in die NOP oor die ekonomie moet hersien word, en hy het Shivambu genooi om saam te praat oor hoe dié hoofstuk verbeter kan word.

Meer oor:  Cyril Ramapahosa  |  Ekonomie  |  Ekonomiese Groei
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.