Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
SA kán ryk land word – Britse ekonoom

Suid-Afrika moet die produktiwiteit van sy arbeidsmag verbeter as hy wil hê sy ekonomie moet groei.

Jim O’Neill, ’n Britse ekonoom, sê Suid-Afrika moet kyk na produktiwiteit. Foto: Bloomberg

“Twee goed dryf ekonomiese groei aan: Hoe groot jou werkende bevolking is en hoe produktief hulle is. Die lande wat die beste dinamika ten opsigte hiervan bewerkstellig, het dus die beste potensiaal om ryk te word,” sê Jim O’Neill, Britse ekonoom.

Hy was Donderdag ’n spreker op Discovery se leierskapberaad, wat in Sandton, Johannesburg, gehou is.

“Ek dink nie Suid-Afrika gaan ooit ’n groot ekonomiese moondheid in die wêreldekonomie word nie. Maar dit maak nie regtig saak nie.

“Ek dink wel Suid-Afrika kan ’n ryk land word.”

Suid-Afrika kan gerus gaan kyk wat Suid-Korea met sy bevolking van meer as 40 miljoen gedoen het om sy ekonomie so om te swaai.
Jim O’Neill, Britse ekonoom

O’Neill sê weens die grootte van Suid-Afrika se bevolking sal hy waarskynlik nooit met lande soos Amerika, China en Indië kan meeding wat betref sy invloed op die wêreldekonomie nie.

Maar die land se probleem is eerder dat sy werkende bevolking nie produktief genoeg is nie.

“In my loopbaan as ekonoom weet ek van net een land wat dit reggekry het om van die armoede wat tipies met Afrika-lande geassosieer word, te groei tot die rykdom wat met van die groot moondhede vergelyk kan word.

“Dit is Suid-Korea. Suid-Afrika kan gerus gaan kyk wat Suid-Korea met sy bevolking van meer as 40 miljoen gedoen het om sy ekonomie so om te swaai.”

O’Neill sê Suid-Afrika moet egter nie sy invloed in die Brics-groepering onderskat nie.

“Suid-Afrika het die afgelope jaar ’n groot rol in Brics begin speel. Moenie onderskat watter bydrae julle deur dié groep tot die ekonomie kan lewer nie,” sê hy.

Die Brics-groep bestaan uit Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika.

“China en Indië is na my mening die twee lande wat in die toekoms die grootste rol in die wêreldekonomie gaan speel. Hulle is deel van Brics en Suid-Afrika kan dus op dié manier ’n groter rol in die wêreldekonomie speel,” sê hy.

Meer oor:  Discovery  |  Ekonomie  |  Ekonomiese Groei  |  Werkloosheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.