Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
SA koop drasties minder petrol, karre

Brandstofverkope was steeds uiters laag teen die einde van Junie met talle Suid-Afrikaners wat dus steeds die filosofie van Jan Tuisbly gevolg het.

brandstofverkope
Brandstofverkope was in die tweede kwartaal meer as 50% laer as 'n jaar gelede. Foto: Argief

Statistieke Suid-Afrika (SSA) het Donderdag sy jongste syfers oor die motorhandel in Suid-Afrika vir Junie en die tweede kwartaal uitgereik, een van die maandelikse peilings wat ’n goeie aanduiding van die stand van die ekonomie gee.

Brandstofverkope het in die tweede kwartaal met ’n enorme 51,8% teenoor dieselfde periode verlede jaar geval.

Aanvanklik het dié verkope in April met ’n kolossale 71,1% gedaal en was dit teen Junie op ’n jaargrondslag reeds 34,1% laer as verlede jaar. Dit is ten spyte van die verslapping van die staat van inperking tot vlak 3 in die ooreenstemmende periode.

Brandstofverkope verteenwoordig die grootste deel van die inkomste in die motorhandel en die agteruitgang daarvan het dus die grootste deel van die daling in inkomste vir die motorhandel uitgemaak.

Brandstofverkope was in Junie 23,4% van die totale inkomste in die motorhandel, op R11,06 miljard, waar dit gewoonlik nader aan 30% is.

Verkope van nuwe voertuie het R12,9 miljard se inkomste in Junie verseker. Dit is ’n beduidende herstel van die R5,6 miljard se verkope in Mei, maar steeds op ’n jaargrondslag 5% swakker as ’n jaar gelede.

Die motorhandelsyfers bestaan uit ses dele, naamlik nuwevoertuigverkope, verkope van gebruikte voertuie, werkswinkels se inkomste, inkomste uit die verkoop van bykomstighede, inkomste uit brandstofverkope en inkomste uit die verkope in geriefswinkels by vulstasies.

Verkope van die algehele motorhandel het in Junie met 12,8% gekrimp teenoor Junie verlede jaar.

Maar die kwartaalsyfers is nog meer droewig. In die tweede kwartaal het die bedryf amper R85 miljard verloor weens die staat van inperking, teenoor ’n jaar gelede.

Die inkrimping van die motorhandel tussen April en Junie was 49,1% op vergeleke met die tweede kwartaal in 2019.

Daarvan was die ineenstorting van brandstofverkope verantwoordelik vir -15,7 persentasiepunte terwyl die verkoop van nuwe voertuie verantwoordelik was vir -12,8 persentasiepunte.

Meer oor:  Motorverkoopsyfers  |  Motorhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.