Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
SA kyk na Brics-bank vir hulp
Suid-Afrika kan tot $1 miljard by die Nuwe Ontwikkelingsbank leen.Foto: Elvira Wood

Suid-Afrika gaan nie die kans verspeel om $1 miljard by die Nuwe Ontwikkelingsbank (NOB), oftewel die sogenaamde Brics-bank, te leen nie.

Business Day berig dat Dondo Mogajane, direkteur-generaal van die tesourie, in 'n onderhoud gesê het dat die tesourie wêreldwyd na "goedkoop geld" opsoek is. Hy sal dus 'n lening van $1 miljard (sowat R19 mijard teen die huidige wisselkoers) met albei hande aangryp.

“Ons is aktief wêreldwyd op soek na goedkoop geld. Ons aanvaar dat likiditeit op ’n sekere punt sal opdroog, en ons benadering is om eerder die geld te kry terwyl dit goedkoop is. Die NOB het van die eerste dag af aan ons gesê dat hy $1 miljard vir Suid-Afrika het. Ons gryp dit met albei hande aan,” het Mogajane aan Business Day gesê.

Die NOB is in 2015 deur China, Indië, Brasilië, Rusland en Suid-Afrika geskep. Dié bank het reeds geld aan Suid-Afrikaanse staatsondernemings geleen.

In 2019 het hy byvoorbeeld R7 miljard aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) geleen om bestaande tolpaaie in stand te hou.

LEES OOK: Brics-bank leen R7 mjd. vir tolpaaie

Leslie Maasdorp, finansiële hoof van die NOB, het aan Business Day gesê hoewel Suid-Afrika as ’n aandeelhouer geregtig is op ’n lening van $1 miljard, het hy nog nie aansoek daarvoor gedoen nie.

Hy het gesê sou die land dit wél doen, sal die geld “binne dae” beskikbaar wees.

Die rede hoekom ’n lening by die NOB as “goedkoop geld” beskryf word, is omdat dié bank ’n baie goeie kredietgradering het, wat beteken dat dit baie goedkoper is vir hom om self finansiering te bekom.

Maasdorp het gesê lande en instansies wat by die NOB geld leen, trek voordeel hieruit.

Die NOB sê in ’n verklaring op sy webtuiste dat hy juis op 2 April drie-jaar-effekte op die Chinese effektemark verkoop. Hy het vyf miljard yuan (sowat R13,6 miljard rand) daarmee ingesamel. Die opbrengs van dié effekte sal juis gebruik word om die invloed van die Covid-19-virus op die Chinese ekonomie teen te werk.

Die Covid-19-virus het oorspronklik in Desember in die Chinese provinsie Wuhan uitgebreek.

Meer oor:  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.