Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
‘SA moenie op louere rus ná Fitch-besluit’
Cas Coovadia, hoof van die Bankvereniging van Suid-Afrika. Foto: Nelius Rademan

Die Bankvereniging van Suid-Afrika (Basa) het Fitch Ratings se besluit om Suid-Afrika se kredietgraderings onveranderd te laat, verwelkom, selfs al laat dit die land steeds op rommelstatus by dié agentskap.

Cas Coovadia, besturende direkteur van Basa, waarsku egter dat die land nie op sy louere kan rus nie.

“Dis deurslaggewend dat ons erken die besluit moenie net as eenvoudig positief beskou word nie, maar eerder as ’n aanduiding dat daar ’n oorweldigende verwagting is dat daar tekens van aksie en leierskap in ons land sal kom.

“Die behoefte aan fiskale en beleidsekerheid sowel as groeigerigte ingrypings in die ekonomie is dringender as wat dit al ooit was.”

Coovadia sê dis baie belangrik dat die ANC se nasionale kongres wel in Desember voortgaan. Fitch het dit as ’n potensiële keerpunt uitgelig.

Verskeie ekonome het die afgelope week gesê hulle verwag dat die afgradering deur Moody’s Investors Service en Standard & Poor’s Global Ratings Vrydag moontlik uitgestel gaan word omdat die gradeerders eers wil sien wie die nuwe ANC-leier word.

Dié twee se besluite word eers laatmiddag of selfs laatnag verwag.

“Plaaslike en internasionale sentiment oor ons land sal ons lot op kort en mediumtermyn bepaal,” sê Coovadia. “Dis belangrik dat ons besluite neem en optree op maniere wat vertroue in ons land bou.”

Meer oor:  Fitch  |  Moody's  |  Basa  |  S&P  |  Cas Coovadia  |  Kredietgradering  |  Rommelstatus  |  Kredietgradeerders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.