Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
SA moet self meer produkte vervaardig – Patel

Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, het daarop gesinspeel dat Suid-Afrika minder afhanklik moet wees van enkele groot vervaardigerslande soos China, Duitsland en Amerika.

Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging. Foto: Deon Raath

Hoewel Patel nie dié lande by name genoem het nie, het hy in ’n vergadering van G20-ministers gesê die Covid-19-pandemie het verskaffingskettings wêreldwyd ontwrig.

“Die nuwe konsensus oor die behoefte aan groter veerkragtigheid in verskaffingskettings moet pogings insluit om risiko te versprei deur groter geografiese verspreiding van vervaardiging moontlik te maak.”

Verskeie maatskappye het die afgelope ruk in hul resultate gesê hul produksie en verkope is ontwrig toe die pandemie Chinese fabrieke maande lank lamgelê het. Die invoer van elektronika, grootliks vanuit Amerika, is ook ontwrig weens die pandemie.

Patel het in die vergadering ook beklemtoon dat meer vervaardiging in Afrika gedoen moet word. Dit vereis meer investering, ekonomiese diversifikasie en “groter beleidsruimte” vir kwesbare ekonomieë ingevolge die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) se regulasies.

Die G20-ministers het veral klem gelê op die behoefte dat produksievermoë en handel van farmaseutiese, mediese en ander gesondheidsprodukte uitgebrei moet word.

Die verklaring oor Patel se insette gee weinig aanduiding watter toegewings hy van die WHO wil hê, maar daar is ’n verwysing na die “wanbalanse in die reëls wat uit die Uruguay-ronde geblyk het”.

Dis waarskynlik ’n verwysing na die Trips-ooreenkoms oor intellektuele-eiendomsregte, wat dit baie moeilik maak om sekere medisyne plaaslik te vervaardig.

Hy pleit ook vir “beleidsruimte” om die digitale ekonomie van Afrika te ontwikkel ten einde groei en ontwikkeling te bevorder.

Ministers van handel van onder meer Amerika, China, Indië, doe Europese Unie, Japan, Brasilië en Indonesië het die aanlyn vergadering bygewoon.

Meer oor:  Ebrahim Patel  |  G20  |  Vervaardiging  |  Invoer  |  Uitvoer  |  Handel  |  Departement Van Handel En Nywerheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.