Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
‘SA moet slaag met gratis hoër onderwys’
Suid-Afrika moet op lang termyn basiese onderwys vir arm mense verbeter. Sy projek met gratis hoë onderrig is ook baie belangrik, sê die Wêreldbank. Foto: Unsplash

Die Wêreldbank verwag die Suid-Afrikaanse ekonomie kan vanjaar met 1,4% groei. Dis hoër as sy 1,1%-voorspelling van einde verlede jaar, maar steeds minder as die Reserwebank se verwagting van 1,7%-groei.

Suid-Afrika sal egter moet wegbreek uit die wurggreep van lae groei en hoë ongelykheid waarin hy al die afgelope dekades vasgevang is, sê die Wêreldbank in ’n nuwe ekonomiese verslag oor Suid-Afrika wat veral op indiensneming en ongelykheid fokus.

Ongelykheid kan teen 2030 verbeter tot die vlakke van 1994 as Suid-Afrika toegang tot onderwys verbeter, wys die Wêreldbank se projeksies. Dit kan die getal arm mense (mense wat teen $1,90 per dag – sowat R23 – of minder moet oorleef) tot 8,3 miljoen verminder teenoor verlede jaar se byna 10,5 miljoen.

Maar die getal arm mense volgens dié definisie kan verder tot 4 miljoen mense teen 2030 verminder word as Suid-Afrika sekere beleidsveranderings doen, meen die bank.

Dit sluit in:

  • Vaardige buitelanders se immigrasie moet vergemaklik word;
  • Suid-Afrika se groot maatskappye moet verder aan internasionale mededinging blootgestel word;
  • Korrupsie moet uitgeroei word;
  • Beleidsekerheid in die mynbou moet herstel word;
  • Die mededingendheid van strategiese staatsondernemings moet verbeter word; en
  • Gratis hoër onderwys moet slaag.

Op lang termyn moet die gehalte van basiese onderwys in arm gebiede verbeter word, en moet daar nouer integrasie wees tussen die ekonomiese sentra waar die werkgeleenthede is en die informele nedersettings waar die werkers woon.

Die Wêreldbank-verslag waarsku Suid-Afrika gaan teen sy huidige groeikoers nie die ontwikkelingsteikens van die Nasionale Ontwikkelingsplan haal om genoeg werkgeleenthede te skep, armoede uit te wis en ongelykheid te verminder nie.

Sebastien Dessus, projekleier van die Wêreldbank, sê ondanks die trae groei begin voortgesette verbeterings in onderwys onder armes stadigaan vrugte dra namate armes vaardighede ontwikkel en ’n groter aandeel in die inkomste van geskoolde arbeid kry.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.