Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
SA Munt nooi: ‘Ontwerp ons nuwe R2’

Wou jy nog altyd ’n munt ontwerp het? Dis nou jou kans.

Die Suid-Afrikaanse Munt nooi alle Suid-Afrikaners om hul hand aan die ontwerp van ’n nuwe R2-munt te waag.

Die stel gedenkmunte wat 25 jaar van demokrasie in Suid-Afrika vier. Die twee groot munte bo is vir versamelaars, terwyl die kleiner munte gewone sirkulasiemunte is. Foto: Elvira Wood

Die munt sal ’n “gewone” sirkulasiemunt wees wat dus daagliks tussen verbruikers en winkels van hande sal verwissel en dit sal in 2020 bekend gestel word. Dis in teenstelling met ’n versamelstukmunt.

Die Munt sê in ’n verklaring ná die sukses van sy reeks munte om 25 jaar van demokrasie te gedenk, het hy besluit om nóg ’n munt uit te reik wat daarby sal pas.

Hy het dié reeks munte in Junie vanjaar bekend gestel.

Die stel munte beeld verskillende menseregte uit soos wat in die Handves van Menseregte uiteengesit word.

Die regte wat reeds op munte verskyn, en wat dus nié deur ontwerpers gebruik mag word nie, is:

  • Kinderregte
  • Die reg op onderwys
  • Omgewingsregte
  • Die reg op vryheid van beweging en blyplek
  • Die reg op vryheid van godsdiens, geloof en mening

Die Munt wys daarop dat daar dus nog 17 regte is wat ontwerpers op die rugkant van die munt kan uitbeeld.

Deelnemers kan hul ontwerpe tussen 12 September en 31 Oktober op die SA25-webtuiste (www.sa25.co.za) laai.

Die Munt sê alle inskrywings sal oorweeg word aan die hand van ’n reeks kriteria om te verseker dat die wenontwerp wel op metaal uitgebeeld kan word.

“Hierdie kompetisie is ’n gelyke geleentheid vir lede van die publiek, professionele kunstenaars en ontwerpers,” sê Gerda Janse van Vuuren, waarnemende besturende direkteur van die Munt.

“Dit is nie ’n gewone kompetisie nie. Dit is ’n uitnodiging om geskiedenis te maak,” sê sy.

Die wet vereis dat die voorkant van alle Suid-Afrikaanse munte die landswapen moet toon. Dié ontwerp is standaard en vorm nié deel van die kompetisie nie.

Die wenner sal op 30 November bekend gemaak word.

Meer besonderhede oor die kompetisie kan ook op die SA25-webtuiste gevind word.

Meer oor:  Sa Munt  |  R2  |  Munte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.