Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
SA nie eens top vir beleggings in Afrika nie

Suid-Afrika het nog verder teruggesak op Rand Merchant Bank (RMB) se ranglys vir top-Afrikalande om in te belê.

Die JSE in Sandton, Johannesburg. Foto: Elvira Wood

Terwyl dit in 2019 nog in die tweede plek was, staan Suid-Afrika nou derde uit 54 Afrikalande in RMB se “Where to invest in Africa”-verslag, wat Donderdag bekend gestel is.

Egipte is nr. 1 op die lys, gevolg deur Marokko. Nigerië staan op nr. 8.

RMB sê die rede hoekom Suid-Afrika teruggesak het, is onder meer die treurige ekonomiese groei, wat waarskynlik vir ’n geruime tyd sal voortduur. Hy verwag slegs 0,6% groei in die bruto binnelandse produk vir 2020 en 1% in 2021.

Ander bydraende faktore sluit in die kragkrisis en hoe moeilik dit geword het om in die land sake te doen. Die groot rede vir laasgenoemde is korrupsie.

Hy sien dié probleem, veral onder die land se topleiers, as rede tot kommer, wat selfs oor die volgende vyf jaar Suid-Afrika se plek in die topvyf lande kan bedreig.

Slegs met “wesenlike hervorming” sal Suid-Afrika in RMB se topvyf kan bly, blyk uit die verslag.

RMB verduidelik dat Suid-Afrika die gevorderdste finansiële sektor uit al die Afrikalande het en dus steeds goed presteer. Maar die land lok hoofsaaklik hoogs spekulatiewe beleggings, in plaas van regstreekse buitelandse beleggings, weens sy ekonomiese agteruitgang.

Ondanks Suid-Afrika se gevorderde kapitaalmarkte moet iets gedoen word om meer vaste kapitaalbeleggings te lok as die land vooruitgang wil sien, luidens RMB se verslag.

Só lyk die toptien Afrikalande vir beleggings:

  • 1. Egipte
  • 2. Marokko
  • 3. Suid-Afrika
  • 4. Kenia
  • 5. Rwanda
  • 6. Ghana
  • 7. Ivoorkus
  • 8. Nigerië
  • 9. Etiopië
  • 10. Tunisië
Meer oor:  Rmb  |  Korrupsie  |  Beleggings  |  Ekonomiese Groei
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.