Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
SA te arm om statistieke oor armoede by te hou

Armoede is besig om in alle provinsies van die land, behalwe Mpumalanga en die Noord-Kaap, toe te neem.

Risenga Maluleke, die statistikus-generaal, het dit Woensdag bekend gemaak toe hy die Nasionale Raad van Provinsies toegespreek het oor onder meer die armoede-indeks en -lyne in Suid-Afrika.

Maluleke sê ’n persoon in Suid-Afrika moet sowat R840 per maand hê om genoeg kos (teen April vanjaar se pryse) te kan koop om hom of haar daagliks aan die lewe te hou. Diegene wat nié minstens R840 per maand verdien nie, word as arm geklassifiseer. Diegene wat nié minstens R840 per maand verdien nie, val in die onderste band van die armoedevlakke. 

Sowat 0,4% van wit mense word as arm geklassifiseer.

Hy het dit egter duidelik gemaak dat die statistieke net die armoedevlakke tot en met 2015 weergee omdat daar weens ’n gebrek aan geld nie statistieke vir die res bestaan nie. “Ná 2015 weet ons egter nie hoeveel mense arm in Suid-Afrika is nie.”

Swart Suid-Afrikaners maak steeds die grootste deel van armes uit met tot 47,1% wat arm is.

Dit terwyl sowat 23,3% van bruin mense as arm geklassifiseer word.

Sowat 0,4% van wit mense word as arm geklassifiseer en sowat 1,2% van Indiër-landsburgers.

grafika

In totaal word sowat 40% van die bevolking of 13,8 miljoen mense, as arm geklassifiseer. 41,7% van vroue is arm teenoor 38,2% van mans.

Die statistieke wys ook dat 40% van arm huishoudings net 8,34% van alle inkomste in die land verdien.

Werkloosheid en mense se vlak van skoolopleiding is die grootse bydraers tot armoede. “Dit is die mense wat die grootste risiko loop om honger te ly,” sê Maluleke.

Die provinsies wat die ergste geraak word deur armoede is veral die landelike provinsies soos Limpopo, die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal.

Maatskaplike toelaes is die grootste rede waarom nie nog meer mense in daardie provinsies as arm geklassifiseer word nie.

Gauteng en die Wes-Kaap is die twee provinsies met die laagste armoedevlakke met onderskeidelik 13,6% en 12,7% van hul inwoners wat as arm geklassifiseer kan word.

• Volg Netwerk24 vir meer oor die berig.

Meer oor:  Suid-Afrika  |  Provinsies  |  Armoede  |  Styging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.