Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
SA toeriste weer welkom in Seychelle

Die Seychelle wil weer reisigers uit Suid-Afrika verwelkom.

Air Seychelles het Donderdag aangekondig dat sy regstreekse vlugte na en van die O.R. Tambo-lughawe in Junie hervat gaan word.

Pak jou tasse en jou inentingsertifikaat en reis na die Seychelle! Foto: Unsplash

Dit sluit ook die lugdiens se vlugte vanaf Johannesburg na die Maldive in.

Hoewel Suid-Afrikaners weer na die Seychelle kan reis, moet jy, vir nou altans, eers teen die koronavirus ingeënt wees. Inentings is tans net vir gesondheidswerkers en mense van 60 jaar en ouer beskikbaar.

Jy moet ook tot 14 dae ná jou inenting (of jou laaste inenting, indien jy meer as een dosis moes kry) wag voordat die eiland besoek kan word.

Die Seychelle het nog tot middel Mei nie Suid-Afrikaanse reisigers toegelaat nie.

Suid-Afrikaners kan nou aansluitingsvlugte na die Praslin-eiland bespreek sonder om eers in Mahé te oornag. Praslin is ook ’n gewilde bestemming vir reisigers en Mahé is die grootste eiland in die groep en waar die internasionale lughawe van Seychelle geleë is.

Die vlugte sal op Woensdae en Saterdag wees. Saterdae se vlugte is oornag en reisigers land dus Sondagoggend in die Seychelle.

Vlugte na die Maldive-eilande

Die lugdiens sal ook voortaan Vrydae vanaf O.R. Tambo-lughawe vertrek na die Maldive-eilande, met ’n vinnige stop in die Seychelle.

Die terugvlug na Suid-Afrika is op Saterdae en gee reisigers dus die geleentheid om vir ’n week op die Maldive-eilande uit te span.

Meer oor:  Seychelle  |  Inperking  |  Covid-19  |  Staat Van Inperking  |  Koronavirus  |  Toerisme  |  Vlak 1  |  Toerismebedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.