Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
SA verbeter, maar rompslomp pla nog
k

Suid-Afrika se vermoë om ekonomies met ander wêreldlande mee te ding word beperk deur die administratiewe hekkies wat oorkom moet word om ’n onderneming te begin, insolvensie-regulasies, asook ’n onbuigsame arbeidsmark wat blyk uit die instel van ’n minimum loon.

Dit is van die bevindinge in die jongste verslag van die Wêreld- Ekonomiese Forum waarin die mededingendheid van 141 lande beoordeel is.

’n Indeks word saamgestel op grond van die welstand van aspekte soos ’n land se openbare instellings, infrastruktuur, gesondheid en innovering.

Suid-Afrika het sy posisie die afgelope jaar met sewe plekke verbeter en beklee tans die 60ste plek op die ranglys.

In die verslag word Suid-Afrika geprys vir sy goed ontwikkelde finansiële stelsels soos die aandele- en kredietmarkte. Die land het volpunte in dié kategorie behaal.

In ander aspekte soos veiligheid, deursigtigheid en die regering se onvermoë om by veranderde omstandighede aan te pas, presteer Suid-Afrika egter steeds swak. 

Meer oor:  Wef  |  Mededinging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.