Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
SA verloor 2,2 miljoen besoekers in 1 maand

Die enorme impak van die sluiting van Suid-Afrika se landsgrense weens die Covid-19-krisis blyk steeds uit die toerisme- en migrasiesyfers wat maandeliks uitgereik word.

Bitter min buitelanders het vanjaar die Weskus se blommeprag beleef. Foto: Tania Fouché

Statistieke Suid-Afrika het Dinsdag die syfers vir Julie 2020 uitgereik.

Reis vir ontspanning binne mense se eie provinsie het eers begin Augustus wettig geword en reis tussen provinsies op 18 Augustus. Internasionale reis is eers van 1 Oktober moontlik.

Julie se syfers weerspieël dus steeds net mense wat vir werk, studie, familienoodgevalle of mediese redes die land inkom of verlaat het. Dit sluit ook mense uit die res van Afrika in wat in Suid-Afrika verkrygings vir hul ondernemings kom doen.

Net 202 937 mense het in en uit deur die land se grense beweeg, hetsy by lughawens, hawens of op paaie. Dis 93,9% minder as die 3,2 miljoen mense in Julie 2019 en net 5,5% oftewel 10 561 meer as in Junie.

Dit verteenwoordig 63 557 Suid-Afrikaners en 139 380 buitelanders.

Wat buitelanders betref, is die 139 380 mense net ’n fraksie, oftewel 5,9%, van die byna 2,4 miljoen buitelanders wat in Julie 2019 die land ingekom het, hetsy vir sake of vakansies. Afgerond het die land meer as 2,2 miljoen besoekers – en die inkomste en werkgeleenthede wat hulle meebring – “verloor”.

Net minder as die helfte was mense wat die land ingekom het.

Verreweg die meeste reisigers (90%) het die grens per pad oorgesteek. Net 9,9% het op vlugte geland of vertrek en 0,2% per see.

Net 873 mense het van buite Afrika die land ingekom, en daarvan was 484 van Europa, 209 van Asië, 80 van Noord-Amerika en 71 van Sentraal- of Suid-Amerika, 18 van die Midde-Ooste en 11 van Australasië.

Uit Afrika verteenwoordig 99,8% van die aankomste mense uit die ander 15 lande in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap.

Die meeste besoekers (95,2%) was manlik en die grootste groepe in terme van ouderdom was 35 tot 44 jaar (43,7%) en 45 tot 54 jaar (23,4%).

Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Koronavirus  |  Toerisme  |  Vlak 1  |  Vlak 2  |  Toerismebedryf  |  Statistieke Suid-Afrika  |  Inperking  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.