SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Ekonomie
SA’ers koop ketels, broodroosters en TV’s
Benewens elektronika het Suid-Afrikaners verbasend baie ketels in die tweede kwartaal van vanjaar aangeskaf. Foto: Unsplash

Suid-Afrikaners het in die tweede kwartaal vanjaar verbasend baie ketels en broodroosters gekoop, het die navorsingsfirma Gfk bevind.

Dié sektor het met dubbelsyfers gegroei, hoofsaaklik te danke aan ’n toename in die gemiddelde verkoopprys, sowel as die sterk aanvraag.

Gfk het pas sy jongste bevindings na die stand van die plaaslike kleinhandelmark uitgereik. Daarvolgens het die inkomste verdien uit die verkoop van tegnologiese toebehore met 8% op ’n jaargrondslag gestyg, aangehelp deur ’n skerp styging in die verkoop van klein kombuistoestelle soos ketels en broodroosters.

Dié toestelle het 17,4% beter verkoop as ’n jaar gelede.

Gfk versamel data van verkooppunte oor Suid-Afrika heen en stel dan ’n verslag oor Suid-Afrikaners se koopgewoontes saam.

Groter, slimmer slimfone

Die data wys dat al hoe meer Suid-Afrikaners dit nou verkies om ’n duurder slimfoon met ’n groter skerm aan te skaf. Hoewel goedkoper intreefone steeds soos soetkoek verkoop, het die totale waarde van die toestelle wat verkoop is, met 16% gestyg.

Tabletrekenaars verkoop steeds baie swak met die verkope in die tweede kwartaal 42% swakker as verlede jaar.

Die vraag na ink vir drukkers het ook skerp gedaal namate ondernemings al hoe minder staatmaak op drukwerk in ’n digitale werksomgewing.

Die vraag na televisiestelle met ultrahoë definisie het ook met byna 8% toegeneem, hoewel die verkope van klankstelsels en oorfone skerp gedaal het.

Meer oor:  Televisie  |  Kleinhandelverkope  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.