Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
SAID en tesourie praat nie voor begroting nie
Dondo Mogajane, direkteur-generaal van die tesourie. Foto: Elvira Wood

Die kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het in sy voorbereiding tot die staat se begroting vir 2016, 2017 en 2018 eintlik glad nie met die tesourie vergader nie, sê Dondo Mogajane, direkteur-generaal (DG) van die tesourie.

Hy en sy span het Woensdagoggend getuienis gelewer voor die Nugent-kommissie van ondersoek na die sake van die SAID toe die openbare sittings van dié kommissie in Brooklyn, Pretoria, hervat is.

Pres. Cyril Ramaphosa het die kommissie, met afgetrede regter Robert Nugent as voorsitter, vroeër aangestel om gebeure en veral die korporatiewe struktuur by die SAID te ondersoek.

Die geskorste Tom Moyane was toe die kommissaris van die SAID.

Mogajane het in ’n aanloop tot dié stelling verduidelik wat die belangrike skakel tussen die SAID en die tesourie is.

“Onthou, die SAID samel die geld in en ons bestee dit.

“As die SAID nie genoeg geld insamel soos wat in die begroting uiteengesit word nie, beteken dit die staat moet meer geld leen.

“As die staat meer geld leen, sal ons weer rente moet betaal.”

Hy sê dit is dus van kardinale belang dat die tesourie en die inkomstediens albei optimaal funksioneer om groei in die bruto binnelandse produk te ondersteun.

“Jy kan die staat maak of breek deur aan die teikens te voldoen of nie,” het Mogajane gesê.

“Jy kan dit nie eens effens mis nie.”

Hy het verduidelik hoe belangrik oop gesprekke met die SAID is in die 10 maande in die aanloop tot die begrotingsrede wat tradisioneel in Februarie gelewer word.

Mogajane het gesê die jare lange goeie skakeling met die SAID het skielik net verdwyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.