Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
SAID wil regshoof skors oor Guptas
07 September 2018
Refiloe Mokoena, regshoof van die SAID.Foto: Argief

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Refiloe Mokoena, sy regshoof, ingelig hy beplan om haar te skors.

News24 berig dit hou verband met haar betrokkenheid by die terugbetaling van R420 miljoen se belasting op toegevoegde waarde (BTW) aan die Guptas.

Dié geld is aan ’n derde party betaal.

Dit is teen die wet om sulke betalings aan derde partye te doen.

Mokoena het voorheen op die direksie van Denel gedien.

Dit was toe Denel probeer het om ’n vennootskap met VR Laser, wat aan die Guptas behoort, te sluit.

Sy is aangestel gedurende die tyd wat Tom Moyane, nou geskorste kommissaris van die SAID, aan die hoof van die inkomstediens gestaan het.

Mokoena se naam is in mediaberigte genoem wat oor die R420 miljoen-betaling gaan.

Sy het teen die besluit van haar kollegas, wat Mark Kingon, waarnemende kommissaris van die SAID, insluit, die instruksie gegee om die geld in die derde party se rekening te betaal.

Sy het selfs Moyane se naam gebruik om die betaling te regverdig.

Sy het die bewerings ontken en beskuldig Ronica Ragavan, uitvoerende hoof van Oakbay, daarvan dat sy gejok het toe sy gevra het dat die geld in ’n prokureur se trustrekening betaal moet word.

News24 verstaan dat Mokoena Woensdag die brief ontvang het. Sy kan nou skriftelik redes gee oor hoekom sy nie geskors moet word nie.

Mokoena het op navraag ontken dat sy die brief ontvang het en het News24 na die SAID verwys vir kommentaar.

Die SAID sê dit is nie sy beleid om besonderhede oor interne prosesse en inligting oor werknemers openbaar te maak nie.

Die SAID het in Julie erken die terugbetalings was onwettig.

Die Wet op BTW stel dat terugbetalings juis nie aan derde partye gedoen mag word nie, juis om bedrog te bekamp.

“Die terugbetaling van BTW in ’n prokureur se trustrekening sal ’n direkte oortreding wees van die bepalings van art. 44 (3) (d) van die Wet op BTW,” het ’n woordvoerder van die SAID aan News24 en Daily Maverick gesê.

Die woordvoerder het toe gesê dat al die terugbetalings hersien sal word om te verseker dat prosesse gevolg word.

“Die moontlikheid dat bestuursprosesse, wat standaard-bedryfsprosedures insluit, misluk het en die redes vir die mislukking is deel van ons algehele hersiening waarna vroeër verwys is,” sê die woordvoerder.

News24


Meer oor:  Guptas  |  Staatskaping  |  Suid-Afrikaanse Inkomstediens  |  Said
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.