Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakeliga: ANC reguleer impulsief
Die jongste regulasies beteken dat drankverkope weer verbied is.Foto: Pixabay

Die regering reguleer impulsief en dit is onaanvaarbaar.

Dit is die Sakeliga se reaksie Sondagaand nadat pres. Cyril Ramaphosa die jongste regulasies bekend gemaak het om die Covid-19-pandemie te bekamp.

Van die regulasies wat onmiddellik van krag is, is dat alle drankverkope verbied is en ’n aandklok reël weer ingestel is. Boonop word dit ook nou die wetlike verpligting van “werkgewers, winkeleienaars en -bestuurders, openbarevervoeroperateurs en bestuurders en eienaars van enige ander openbare gebou om seker te maak dat elkeen wat hul perseel of voertuig binnekom, ’n masker moet ophê”. Daar moet ook ’n persoon by elke werkplek wees wat daarvoor verantwoordelik is om seker te maak “alle regulasies en voorsorgmaatreëls word streng nagekom”.

“Sonder tyd om voor te berei of regsadvies in te win, word ondernemings en die publiek nou deur boetes en tronkstraf vir ’n reeks nuwe oortredings in die gesig gestaar,” vaar Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, uit in die verklaring.

“Sonder kennisgewing sal duisende ondernemings – wat so pas weer voorraad aangekoop het – nie kan oopmaak nie en moet toe bly omdat oopmaak nie lonend is nie.

“Sonder om ’n toename in koronavirusgevalle in hul omgewing te ervaar, sal selfs die mees afgeleë dorpe nou dieselfde verskerping in beperkinge as die mees geraakte streke ervaar.

“Sonder toeligting oor sake van grondwetlike belang sal daar nou van polisiebeamptes verwag word om onmiddellik van een stel arbitrêre regulasies na ’n ander oor te skakel.”

Le Roux sê Sakeliga se span van regs- en beleidsontleders bestudeer tans die jongste regulasies ten einde advies oor interpretasie, wettigheid, implikasies en versoenbaarheid met onlangse hofuitsprake en lopende hofsake in te win.

Meer oor:  Sakeliga  |  Cyril Ramaphosa  |  Piet Le Roux  |  Drankverbod  |  Vlak 3  |  Maskers  |  Regulasies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.