Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakevertroue bly in die nood
Sakelui glo die land se ekonomie vaar op troebel water.

Sakevertroue bly in die waaksaal nadat dit in die vierde kwartaal met ’n punt tot 34 gedaal het.

Dit is net vyf punte hoër as in die tweede kwartaal toe dit op die laagste vlak in sewe en ’n half jaar by 29 punte gedraai het.

Die peiling vir die indeks is in die eerste drie weke van November – dus vóór die afgradering van staatskuld deur S&P – gedoen.

Sakelui in die motor- en groothandel voel meer optimisties, maar die sakevertroue onder kleinhandelaars, boukontrakteurs en vervaardigers het gedaal.

Danksy ietwat beter verkope van nuwe voertuie het vertroue in die motorhandel met 13 punte tot 32 punte gestyg.

Boukontrakteurs se vertroue het met 10 punte tot 34 gedaal. As dit verder verdeel word, blyk dit vertroue onder kontrakteurs in die nie-residensiële sektor het tot slegs 11 punte gedaal, terwyl vertroue in die residensiële sektor op 43 punte staan.

Vertroue onder kleinhandelaars het met 9 punte tot 29 gedaal, die laagste in 18 maande. Veral klerekleinhandelaars sukkel, terwyl voedselkleinhandelaars se wins ook onder druk verkeer. Die peiling is voor die afgelope Swart Vrydag-manie gedoen.

Volgens Ettienne le Roux, hoofekonoom by RMB, weerspieël die indeks die wag-en-kyk-benadering van die private sektor. Dit sal volgens hom slegs verander – en dus die ekonomie aan die brand skop – as ’n “sterk, nuwe leierskap na vore tree met die vasbeslotenheid om markvriendelike beleid in werking te stel en korrupsie uit te wis”.

Hy sê gegewe dat Moody’s Suid-Afrika net 90 dae speling gegee het, is die uitkoms van die ANC-leiersverkiesing en beleidsuitsprake wat by die Februarie-begroting ingesluit word, nou soveel belangriker: “Die regering het ’n nou venster om ’n aksieplan in werking te stel om die land se lantermyngroeivooruitsigte eens en vir altyd te verander.

“Ons het dapper en ongewilde oplossings nodig vir die knyp waarin Suid-Afrika is.”

Meer oor:  Rmb  |  Sakevertroue  |  Sakelui  |  Vervaardiging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.