Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakevertroue lig effens kop
Sakevertroue toon verbetering, maar nog nie op dieselfde vlak as verlede jaar nie. Foto: iStock

Sakevertroue het in Julie vir die eerste keer ná vyf opeenvolgende dalings gestyg.

Die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid (SAKKN) se sakevertroue-indeks het van Junie se 93,7 indekspunte tot 94,7 in Julie gestyg.

Op ’n jaargrondslag is die indeks steeds laer as die 95,3 indekspunte van Julie 2017.

Teen Januarie vanjaar het die indeks op 99,7 punte sy hoogste vlak sedert Oktober 2015 bereik. Dit het optimisme oor ’n sakevriendeliker omgewing weerspieël ná die verkiesing van Cyril Ramaphosa tot leier van die regerende ANC.

Die indeks meet sakeaktiwiteit eerder as sentiment en word saamgestel deur ’n verskeidenheid aanwysers te meet, onder meer energieproduksie, handelsyfers en die prestasie van die finansiële markte.

In Julie het die uitvoer van handelsprodukte, laer inflasie en beter reële kleinhandelverkope die indeks op ’n maandgrondslag laat styg.

Volgens die SAKKN kan groter beleidsekerheid help dat sakevertroue momentum herwin.

“Die uitvoering van beleid en die verwydering van strukturele beperkings op die ekonomie vereis ’n benadering wat op lang termyn fokus terwyl die prioriteit vir die kort termyn ’n geskikte beleidsraamwerk moet wees,” lui die SAKKN se verklaring.

Meer oor:  Ekonomie  |  Ekonomiese Groei  |  Kleinhandel  |  Inflasie  |  Sakevertroue  |  Wisselkoers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.