Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakevertroue sak terug ná verkiesing
Sakevertroue het in Mei weer teruggesak. Foto: iStock

Die opflikkering in sakevertroue in April was toe net tydelik.

Die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid (SAKKN) se indeks van sakevertroue het in Mei weer teruggesak. Dit is nou 93 punte, teenoor April se 93,7 en Mei 2018 se 94 punte.

Dit bring die gemiddelde indekspunt vir die eerste vyf maande van 2019 op 93,4 te staan – aansienlik laer as 2018 se 95,5 punte.

Die indeks meet 13 ekonomiese syfers, waaronder inflasie, kredietverlening aan die private sektor, in- en uitvoer, motorverkope en die waarde van bouplanne wat goedgekeur is.

Uit die 13 subindekse het net vier in Mei verbeter en een het onveranderd gebly; die ander agt het verswak.

Volgens die SAKKN hoop sakelui dat die regering nou, ná die afloop van die verkiesing en die aanwysing van die kabinet, sy fokus sal verskuif na ekonomiese groei, werkskepping, misdaadbestryding, onderrig, en ander aspekte “wat die lewe van gewone Suid-Afrikaners sal verbeter”.

Sakevertroue is ’n belangrike voorvereiste voordat maatskappye met vertroue skuld aangaan om hul ondernemings uit te brei, wat werk kan skep en die ekonomie te laat groei.

“Daar is ’n gees van optimisme omdat belanghebbendes bereid lyk om pres. R die geleentheid te gee om werk te maak van sy beloftes, tesame met sy verbintenis tot prestasie en persoonlike verantwoordbaarheid. Dit hou die belofte van hoër sakevertroue in, hoewel tyd sal leer of woorde wel lei tot optrede en resultate.”

Meer oor:  Ekonomie  |  Inflasie  |  Sakevertroue  |  Kleinsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.