Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakevertroue laagste in twee jaar
Vergeleke met die laaste kwartaal van verlede jaar het die gemoedstoestand van vier van die vyf sektore se deelnemers aan die sakevertroue-peiling gedaal. Foto: iStock

Sakevertroue het in die eerste kwartaal van 2019 weer gedaal tot naby aan die vlak wat dit laas in die resessie van 2009 was.

Die 28 punte waarop die indeks van sakevertroue van RMB en die Buro vir Ekonomiese Ondersoek nou is, is die laagste sedert die tweede kwartaal van 2017 toe dit op 27 punte was en die laagste sedert 2009.

Die indeks toon die resultate van ’n peiling wat onder 1 700 sakelui gedoen is. Die meeste van die reaksie is van 13 Februarie tot 4 Maart ontvang. Die deelnemers kom uit vyf sektore.

Die hoofindeks weerspieël die persentasie van die deelnemers wat meen saketoestande is bevredigend.

“Die jongste lesing van 28 beteken dus meer as sewe uit tien sakelui is ontevrede met die stand van sake.”

Vergeleke met die laaste kwartaal van verlede jaar het die gemoedstoestand van vier van die vyf sektore se deelnemers gedaal.

Die grootste daling kom uit die bou- en kleinhandelbedrywe wat elk met nege punte geval het.

Hier is die inligting vir elke sektor:

  • Die boubedryf se vertroue het tot 23 punte geval, wat die laagste in agt jaar is. Dit word toegeskryf aan die tekort aan nuwe werk.
  • Kleinhandel se vertroue het tot 24 punte geval. Dit is die laagste telling sedert die huidige afswaai in saketoestande in Desember 2013 begin het. Die lae vertroue word toegeskryf aan die voortgesette swak prestasie van nie-duursame goedere.
  • Groothandelaars se vertroue het met net vier punte gedaal.
  • Vervaardiging se vertroue het van 30 tot 25 punte geval. Dit word toegeskryf aan uitvoer wat gedaal het.
  • Nuwe voertuigverkope is die enigste sektor wat verbeter het. Ná die val van 37 tot 15 in die vierde kwartaal het vertroue in die bedryf weer verbeter tot 26, wat steeds laag is.

“Dit is opvallend uit die eerste kwartaal se resultate hoe wyd die huidige swak vertroue is. Vier van die vyf sektore se vlak van vertroue is nou in die lae 20’s,” sê Ettienne le Roux, hoofekonoom van RMB, in ’n verklaring.

“Weens die swak plaaslike vraag is dit moeiliker om hoër koste aan verbruikers deur te gee. Dit lei tot ’n verdere verlaging in winsmarges en dit is die hoofrede vir die eerste kwartaal se agteruitgang in sakelui se gemoedstoestand.”

Meer oor:  Ekonomie  |  Kleinhandel  |  Sakevertroue  |  Resessie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.