Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-Sake: Afleggings, pensioene en skikkings
’n Werker besig met voorbereidingswerk vir boorwerk in Implats se Rustenburg-myn.

Hier is wat jy misgeloop het as jy nie Donderdag Sake gelees het nie en wat jy Vrydag kan verwag.

Die platinummaatskappy Implats het aangekondig hy gaan duisende werkers uit diens moet stel.

Die departement van minerale bronne is glad nie gelukkig oor dié verwikkeling nie terwyl ander kenners weer sê dit is ’n teken van die tye.

1. Implats-afleggings gaan Rustenburg erg knou

As Impala Platinum (Implats) 13 400 mense aflê, gaan dit ’n “verwoestende” uitwerking op die ekonomie van Rustenburg, Noordwes, hê.

Dit is Nico Muller, uitvoerende hoof van Implats, se mening nadat hy Donderdag aangekondig het hy gaan vyf van die 11 skagte by sy Rustenburg-myn oor die volgende twee jaar toemaak om die maatskappy meer volhoubaar te maak.

Lees ook: Gwede Mantashe: Implats is ‘roekeloos, arrogant’

2. Solidariteit skik met Eskom vir 7,5%-verhoging

Terwyl die vakbonde NUM en Numsa nog vasskop, het Solidariteit, wat sowat 7 000 werknemers by Eskom verteenwoordig, Donderdag gesê hy aanvaar Eskom se jongste loonaanbod van 7,5% vir vanjaar, 7% vir die daaropvolgende twee jaar, en ’n verhoging in behuisingstoelae teen die inflasiekoers.

3. Vrae oor ‘kaping’ van Transnet-oues se pensioen

Regiments Capital, ’n maatskappy verwant aan die omstrede Gupta-familie wat by staatskaping betrek is, was in ’n stadium as beleggingsadviseur by die Transnet-tweedevastevoordeelfonds aangestel.

In dié hoedanigheid het Regiments transaksiegeld van R228 miljoen betaal aan Trillian Capital Partners – ook ’n Gupta-verwante maatskappy.

Dit blyk uit skriftelike antwoorde van Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, op parlementêre vrae van die VF Plus-parlementslid adv. Anton Alberts.

4. Sonn skyn nie meer by Star nie

Heather Sonn, wat in Desember by Christo Wiese oorgeneem het as voorsitter van Steinhoff International, het uit die direksie van Steinhoff se plaaslike filiaal bedank.

Sonn wil haar toespits op die uitdagings by Steinhoff

International, het Steinhoff Africa Retail (Star) vroeër die week in ’n Sens-verklaring gesê.

5. Nou kan jy ook in SA met jou Fitbit, Garmin betaal

FNB-kliënte met sekere Fitbit- of Garmin-fiksheidshorlosies sal voortaan met dié toestelle kan betaal.

Dié aankondiging Donderdagoggend kom net ’n paar dae nadat Absa aangekondig het sy kliënte sal die eerste in Suid-Afrika word wat met Samsung Pay kan betaal.

Nedbank het ook sy Money-app bygewerk om alle QRgedrewe betalingsmetodes, soos SnapScan en Zapper, op een plek te kan doen.

Vrydag op die nuuslys

Standard Bank publiseer sy aankoopbestuurdersindeks (PMI).

Die volgende maatskappye maak resultate bekend:

  • Mondi (halfjaar)
  • MTN (boekjaar)
  • Resilient REIT (boekjaar)
Meer oor:  Steinhoff  |  Solidariteit  |  Implats  |  Transnet  |  Garmin  |  Star  |  Fitbit  |  Staking  |  Banke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.