Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-Sake: Bakkies, vliegtuie en kantore
Isuzu se Ranger Wildtrak-mededinger.

Hier is wat jy misgeloop het as jy nie die naweek Sake gelees het nie en wat jy dié week kan verwag.

Jy dink dalk jy eis gereeld van jou mediese fonds, maar het jy ’n idee hoe groot die grootste eis is wat Discovery al moes betaal?

En weet jy watter chroniese toestand die een is waarvoor mense die meeste eis?

1. Discovery: Só neem chroniese toestande toe

Raai wat is steeds die mees algemene chroniese toestand onder lede van die grootste mediese fonds in die land?

Hoë bloeddruk.

Einde September verlede jaar was 376 341 lede van die Discovery Health Medical Scheme (DHMS) op chroniese medikasie daarvoor – 6,8% meer as teen die einde van die vorige boekjaar, volgens inligting deur die jongste Healthcare Claims Tracker wat deur die administrateur van mediese fondse Discovery Health uitgereik word.

Lees ook: Hier is Discovery se hoogste hospitaal-rekening

2. Comair gaan geld van Boeing eis

Comair gaan skadevergoeding eis van Boeing nadat die onttrekking van die Boeing 737 MAX die groep se vlootvernuwingsprogram ontwrig het.

Die vliegtuie is wêreldwyd aan diens onttrek nadat een van Ethiopian Airlines se Boeing 737 MAX-vliegtuie op 10 Maart geval het. Al 157 mense aan boord is dood.

3. Bakkies kraai nou ook in SA fabrieke koning

Suid-Afrikaners is lief vir hul bakkies en só ook Suid-Afrikaanse voertuigvervaardigers.

Die land is besig om te ontwikkel in ’n vervaardigingsnode vir bakkies, sê dr. Norman Lamprecht, uitvoerende bestuurder van die Nasionale Vereniging van Voertuigvervaardigers (Naamsa).

4. Huur dié kantoor vir net R2 400

In die wêreld se groot stede is dit nie meer snaaks as die ou wat langs jou in die kantoor sit en werk, vir ’n heeltemal ander maatskappy in ’n totaal ander soort onderneming as joune werk nie.

Dis omdat gedeelde kantoorruimte deesdae vinnig veld wen. In Londen is na raming ’n vyfde van alle kantoorruimte gedeelde kantore.

5. WhatsApp, Instagram en Facebook gee oral probleme

Nee, dit is nie net jy nie.

Facebook, Instagram en WhatsApp het Sondag wêreldwyd probleme gegee met gebruikers wat nie toegang tot die platforms kon kry nie.

Dié week op die nuuslys:

1. Die kommissie van ondersoek na gebeure by die Openbare Beleggingskorporasie hervat Maandag sy openbare sittings in Pretoria. Dit duur tot Woensdag.

2. Die tegnologiemaatskappy EOH maak Dinsdag sy halfjaarresultate bekend.

3. Statistieke Suid-Afrika maak verskeie stelle syfers dié week bekend:

  • Maandag: Toerisme
  • Woensdag: Inflasie en kleinhandel
  • Donderdag: Groot- en motorhandel

4. Markte is Vrydag gesluit weens Paasnaweek.

Meer oor:  Whatsapp  |  Facebook  |  Discovery  |  Comair  |  Mediese Fonds  |  Bakkies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.