Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-Sake: Banke, aandele en klagtes
VBS Mutual Bank se kantoor in Johannesburg.

Hier is wat jy misgeloop het as jy nie Woensdag Sake gelees het nie en wat jy Donderdag kan verwag.

Die stof het nog nie eens behoorlik gaan lê nadat Suid-Afrika wéér ’n nuwe minister van finansies gekry het nie, of ’n nuwe storie maak opslae.

Adv. Terry Motau SC het sy verslag oor die probleme by VBS Mutual Bank bekend gemaak.

Die inligting daarin wys presies wat by dié bank gebeur het en wie almal rolspelers was.

1. VBS, Vele soos misdadige onderneming bedryf

Die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) het Woensdag die bekendmaking van ’n verdoemende verslag deur adv. Terry Motau oor die ineenstorting van VBS Mutual Bank verwelkom.

In die verslag sê Motau dat minstens R1,9 miljard by VBS geplunder is.

Lees ook: ‘Maak VBS toe, vervolg KPMG’

2. Jooste waarsku vriende glo oor Steinhoff-aandele

Markus Jooste, Steinhoff International se gewese uitvoerende hoof, het glo sy vriende aangeraai om van hul aandele in die maatskappy ontslae te raak enkele dae voordat die aandeel in vryval gegaan het.

So ’n selfoonboodskap, wat die nuusdiens Bloomberg onder oë gehad het, is in November aan minstens twee mense gestuur.

3. SA’ers baie tevrede met hul Woolies-kos

Vir die tweede opeenvolgende jaar is Woolworths Food die klinkklare wenner vir Suid-Afrikaners wat betref kliëntediens en algehele tevredenheid.

Dit is nou volgens die marknavorser Ask Afrika se Orange-indeks wat sedert 2001 onderhoude met Jan Publiek voer om te bepaal met watter maatskappye hulle die meeste tevrede is.

4. Dít is waaroor mense by taksombud kla

Terugbetalings waarop belastingbetalers geregtig is, maar waarmee die SAID sloer, is die klagte waarvoor verreweg die meeste mense by die belastingombud aanklop. (Sien grafika onder.)

Die ombud sê in sy verslag vir die jaar tot einde Maart het hy 17 920 navrae gehad, waarvan 3 652 klagtes oor die SAID – dus vaagweg binne sy mandaat – was.

5. Verslaafde kyk Netflix vir 7 uur per dag

Al daai luilekker ure wat jy voor die televisie deurbring om Netflix te kyk, kan ernstige gevolge vir jou gesondheid inhou.

Vra maar ’n jong, werklose man van Bengaluru in Indië wat homself onlangs in ’n rehabilitasiesentrum laat opneem het om sy Netflix-verslawing te behandel.

Donderdag op die nuuslys

Statistieke Suid-Afrika maak die nuutste syfers vir motorverkope en groothandel bekend.

Meer oor:  Steinhoff  |  Netflix  |  Woolworths  |  Vbs Mutual Bank  |  Markus Jooste  |  Banke  |  Belasting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.