Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-sake: Base, ligte en syfers
Whitey Basson

Kyk hier wat jy misgeloop het as jy nie Donderdag Sake gelees het nie en wat jy Vrydag kan verwag.

Almal weet teen dié tyd dat bankbase enorme salarisse verdien.

Maar weet jy hoeveel die groot winkelbase verdien?

1. Raai watter winkelbaas verdien die meeste

Ná al die jare dra die afgetrede voormalige uitvoerende hoof van die Shoprite-groep, Whitey Basson, waarskynlik steeds die kroon in die kleinhandelbedryf vir die verbysterende R100 miljoen wat hy in 2016 verdien het. Maar watter winkelgroep se baas verdien op die oomblik die meeste?

Netwerk24 het die 12 genoteerde kleinhandelaars se jongste jaarverslae gebruik om uitvoerende hoofde se vergoeding te vergelyk.

2. Só gaan Naspers se syfers sonder MultiChoice lyk

Naspers se wins uit die verkoop van 2% van sy belang in Tencent in Maart verlede jaar rem vanjaar sy syfers af.

Sy wins van $1,6 miljard uit die verkoop van sy Indiese e-handelonderneming Flipkart aan Wal-Mart in Mei verlede jaar en die uitkeer van sy belang in MultiChoice aan aandeelhouers in Februarie vanjaar kon nie daarvoor vergoed nie, blyk uit ’n Sens-verklaring wat Naspers Woensdagaand ná die sluiting van die JSE uitgereik het.

3. Sakevertroue by 2009-resessie se laagtepunt

Sakevertroue het in die tweede kwartaal vasgesteek op die kommerwekkend lae 28 punte wat dit in die eerste kwartaal bereik het.

In Maart is berig sakevertroue soos gemeet deur RMB en die Buro vir Ekonomiese Ondersoek het in die eerste kwartaal tot die laagste vlak in twee jaar gedaal. In 2017 se tweede kwartaal was die indeks op 27 punte, die laagste sedert die resessie van 2009, wat deur die internasionale finansiële krisis veroorsaak is.

4. Ligte sal vanaand brand in Kempton, belowe Ekurhuleni

Ná ses dae sonder krag is die Ekurhuleni-metro seker die ligte sal teen Donderdagaand weer in Kempton Park brand.

Mark Wilson, hoof van die Ekurhuleni-metroraad se energiedepartement, sê die kragtoevoer is reeds grotendeels in Norkem Park, dele van Birchleigh, Allen Grove, Nimrod Park, Glen Marais en Witfontein herstel.

5. Group Five: Werknemers moet wag vir pakkette

Werknemers wat as deel van die sakereddingsproses by Group Five Construction hul werk verloor het, sal moet wag vir hul pakkette.

Luidens die jongste verslag oor die vordering met die groep se sakeredding sê die sakeredders: “Hoewel die maatskappy probeer om werkers te betaal wat afgelê is, moet die betaling van afleggingspakkette ongelukkig uitgestel word totdat die maatskappy oor die voldoende geld beskik om dié bedrae ten volle te betaal.”

Vrydag op die nuuslys

Die mynwerkersvakbond Amcu hou ’n mediakonferensie in Rosebank, Johannesburg, om sy planne vir die komende loononderhandelinge binne die platinumsektor uiteen te sit.

Meer oor:  Group Five  |  Shoprite  |  Naspers  |  Multichoice  |  Whitey Basson  |  Kempton Park  |  Sakevertroue
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.