Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-Sake: Begroting, begroting en ’n myn
Tito Mboweni
Tito Mboweni, minister van finansies, oppad na die parlement om sy begroringsrede te lewer.

Hier is wat jy misgeloop het as jy nie Woensdag Sake gelees het nie en wat jy Donderdag kan verwag.

Die begrotingsrede van Tito Mboweni, minister van finansies, in die parlement was Woensdag ongetwyfeld die nuus van die dag.

Mboweni het ’n hele paar groot syfers genoem wat die begrotingstekort en skuld betref.

En as Suid-Afrikaners hul verdriet daaroor in ’n kroeg wil gaan verdrink... sal selfs ’n sopie hulle beduidend meer as vroeër kos.

1. Tien maniere hoe die begroting jou sak raak

Lag en betaal is die wet van Transvaal! Dis maar die kruks van die begroting wat Tito Mboweni, minister van finansies, Woensdag by die parlement ingedien het.

Hier is ’n vinnige opsomming van hoe dit jou sak raak.

Klik hier om al Netwerk24 se berigte oor die begroting te lees.

2. Moody’s waarsku: Begroting is slegte nuus

Moody’s Investors Service, die laaste van die groot kredietgradeerders wat Suid-Afrika op beleggingsgraad gradeer, beskou die begroting as slegte nuus vir Suid-Afrika se geldsake.

Lucie Villa, senior kredietbeampte en Moody’s se leidende ontleder van Suid-Afrika, sê die begroting “beklemtoon die regering se beperkte fiskale buigsaamheid te midde van ’n uitdagende ekonomiese omgewing”.

Lees ook: Eskom-plan ‘moet binnekort afskop om Moody’s te paai’

3. Laer inflasie dalk goeie nuus vir rentekoerse

Inflasie het in Januarie sy laagste vlak sedert Maart verlede jaar bereik, danksy dalings in brandstof-, kos- en klerepryse.

Dit kan goeie nuus vir rentekoerse inhou.

4. Solidariteit kap weer na Discovery se swart-skema

Solidariteit het enorme advertensieborde langs die N1 opgerig wat Suid-Afrikaners maan om “nee” vir Discovery se nuwe digitale bank te stem.

Dié bank maak aanstaande maand sy virtuele deure oop.

5. R1 mjd.-plan gee hoop vir Guptas se Optimum-myn

Die Optimum-steenkoolmyn behoort binne ses weke weer steenkool aan Eskom se Hendriena-kragstasie te kan lewer.

Dit kom nadat sakeredders, wat by dié myn aangestel is, en ’n konsortium, wat die African Exploration Mining and Finance Corporation (AEMFC) en die Lurco Groep insluit, ’n finansieringsooreenkoms van R1 miljard gesluit het.

Donderdag op die nuuslys

  • Discovery maak sy halfjaarresultate bekend.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.