Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-Sake: Belasting, volstruise en fase 8
Volstruisvleis bly gewild in die Europese Unie.

Hier is wat jy misgeloop het as jy nie Maandag Sake gelees het nie en wat jy Dinsdag kan verwag.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Maandag die voorlopige bedrag wat hy vir die boekjaar tot einde Maart ingesamel het, bekend gemaak.

Dit is meer as R1 000 miljard, maar was dit genoeg?

1. R57 miljard te min belasting ingesamel

Jan Taks is behoorlik platsak.

Hy het R57,4 miljard minder ingesamel as waarvoor die staat begroot het.

Die SAID het voorlopig ’n inkomste van sowat R1 287,6 miljard in die 2018-’19-belastingjaar verklaar.

2. Kaapstad pas skedule aan vir fase 8-beurtkrag

Die Kaapstad-metro het stil-stil sy beurtkragskedule aangepas om vir fase 5- tot fase 8-beurtkrag voorsiening te maak.

Eskom het in November ’n soortgelyke aanpassing tot sy skedule gemaak.

Suid-Afrikaners was tot dusver net aan fase 4-beurtkrag onderhewing, wat beteken dat 4 000 MW se krag op ’n gegewe oomblik bespaar moet word.

3. SAID se IT-hoof ‘weet nie hoekom sy tuis sit’

Die SAID se omstrede IT-hoof van “beskerm my teen jouself”-faam sit al vyf maande tuis op “diskresionêre verlof”.

Mmamathe Makhekhe-Mokhuane glo dit is omdat sy die SAID in oneer gebring het in haar onderhoud op die SAUK-program Morning Live waarin sy die gewraakte stelling gemaak het, en ná haar verskyning voor die Nugent-kommissie van ondersoek na die SAID.

4. Brics-bank sluit ooreenkoms met Eskom vir lening

’n Ooreenkoms vir ’n lening van $180 miljoen is Maandag in Kaapstad tussen Eskom en die Brics-bank op dié bank se vierde jaarlikse byeenkoms onderteken.

Die bank, wat as die Nuwe Ontwikkelingsbank (NDB) bekend staan, is ’n multilaterale ontwikkelingsbank wat tussen Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika (die sogenaamde Brics-lande) geskep is.

5. EU laat vaar verbod op volstruisvleis uit SA

Die grootste verbruiker van Suid-Afrikaanse volstruisvleis, die Europese Unie (EU), het sy verbod op die invoer van volstruisprodukte uit Suid-Afrika opgehef.

Die EU het die verbod in 2018 ingestel omdat die nasionale departement van landbou, bosbou en visserye nie gereeld genoeg volgens EU-voorskrifte vir besmetting getoets het nie.

Dinsdag op die nuuslys:

  • Die kommissie van ondersoek na gebeure by die Openbare Beleggingskorporasie hou openbare sittings in Pretoria.
Meer oor:  Statistieke Suid-Afrika  |  Brics  |  Mark Kingon  |  Kaapstad  |  Beurtkrag  |  Belasting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.