Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-Sake: Beurtkrag, beurtkrag en beurtkrag
Beurtkrag Fase 4 is wanneer 4 000 MW se krag van die netwerk gehaal word.

Hier is wat jy misgeloop het as jy nie Maandag Sake gelees het nie en wat jy Dinsdag kan verwag.

Asof dit nie erg genoeg is dat Eskom uit die bloute Sondag Fase 2-beurtkrag ingestel het nie, het hy Maandag deur die loop van die dag skielik die dramatiese stap geneem om oor te skakel na Fase 4 toe.

Probleme by die kragreus en dringende vergaderings wat daaroor gehou is, het die nuus Maandag oorheers.

1. Beurtkrag: Selfs Cyril is vies

Die beurtkrag wat die hele Suid-Afrika Sondag onkant betrap het, is Maandag skielik van fase 2 tot fase 4 verskerp en dié noodbesparingsmaatreël kan nog tot April voortduur.

Dit is die eerste keer sedert 2015 dat fase 4-beurtkrag ingestel is. Dit beteken dat 4 000 MW krag bespaar moes word om die stabiliteit van die kragnetwerk te verseker.

Lees ook: Cyril se Eskom-plan ‘kan nie als regmaak nie’

2. Beurtkrag: Hierdie ronde kán ekonomie erg knou

Die onderbrekings wat veroorsaak word deur die beurtkrag wat die naweek begin het, sal ’n nadelige uitwerking hê op die koste wat kleinsakeondernemings in verskeie sektore moet dra, het verteenwoordigers in die bedryf en ontleders Maandag gesê.

“Beurtkrag is baie duur, nie net vir Eskom nie, want ons kan nie soveel elektrisiteit verkoop soos wat ons wou nie, maar ook vir die land,” het Khulu Pashiwe, woordvoerder van Eskom, gesê.

Lees ook: Kaapse kamer waarsku oor beurtkrag se impak op sakevertroue

3. Almal wil weet wanneer krag af is – webwerwe vou

Oomblikke nadat Eskom Maandag gesê het dat fase 4-beurtkrag vir die res van die dag gaan geld, het die Kaapse metro en Eskom se webwerwe en selfs die gewilde app EskomSePush gevou onder druk verkeer van mense wat hul beurtkragskedules wou bekom.

Ironies genoeg het Eskom se webwerf, toe dit ná ’n ruk weer ruk-ruk begin werk, aangedui dat geen beurtkrag tans geld nie.

4. Woolies moet (beetrooi) bloos oor nog ’n ‘gaps’

Woolworths word al weer daarvan beskuldig dat hy ’n produkplan en -naam gegaps het – dié keer vir drankies wat van plante soos beet en borrie gemaak word.

Op die webjoernaal “Dear Woolworths, I’d like my name back now please”, skryf die eienaar en stigter van die onderneming Superlatte, Michelle Legge, hoe sy in Junie verlede jaar ontdek het dat Woolworths in sy eetplekke dieselfde tipe drankies as hare bekend gestel het, en onder ’n naam op die spyskaart wat baie soortgelyk aan die naam van haar onderneming is.

5. Hernude kommer oor 140 000 poste by Edcon

Die klerewerkersvakbond Sactwu vrees dat 140 000 poste in gedrang kan wees as die moedermaatskappy van Edgars en Jet nie binne die volgende dag die noodfinansiering kry om hom van ondergang te red nie.

Sactwu het nie in sy verklaring verduidelik hoekom die volgende dag so belangrik is nie.

Dinsdag op die nuuslys

Statistieke Suid-Afrika maak die jongste werkloosheidsyfers bekend.

Meer oor:  Moody's Investor Service  |  Edcon  |  Woolworths  |  Eskom  |  Cyril Ramaphosa  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.