Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-Sake: Beurtkrag, ham en ’n meerkat
Die misleidende verpakking van Woolworths se ham.

Hier is wat jy misgeloop het as jy nie die naweek Sake gelees het nie en wat jy dié week kan verwag.

Eskom gaan definitief nie dié week op Valentynsdag baie kaartjies van bewonderaars ontvang nie.

Hy het Sondag skielik weer beurtkrag ingestel het, en daar is waarskynlik baie mense wat eerder sy naam aan ’n dieretuin in die Amerikaanse deelstaat Texas wil stuur.

Dié dieretuin het ’n eienaardige plan om geld in te samel, met die dat mense die naam van ’n eks aan hulle stuur en dan...

1. Dís waarom beurtkrag skielik weer ingestel is

Ná meer as twee maande wat die ligte aangebly het, het beurtkrag Sondag weer sy nare verskyning gemaak.

Boonop kan Eskom nie waarborg dat hy genoeg krag vir die komende week kan verskaf nie.

2. Woolies moet ook hul ham verwyder

Woolworths se slegte jaar raak net nie beter nie.

In dieselfde week waarin die groep ingestem het om die skepper van ’n drasak vir babas te vergoed omdat hy haar produk nagemaak het en boonop van geslagstereotipering beskuldig is, het die advertensiebeheerraad (ARB) bevind die verpakking van sy toebroodjieham is misleidend.

Lees ook: Woolworths, Ubuntu Baba skik oor drasakke

3. Total se ontdekking kan tot stormloop lei

Total se ontdekking van gaskondensaat aan die Suid-Kaapse kus kan ’n stormloop van ander eksplorasiemaatskappye ontketen.

Die ontdekking in die Brulpadda-eksplorasieveld sowat 175 km suid van Plettenbergbaai kan genoeg wees om Suid-Afrika se raffinaderye vir byna vier jaar aan die gang te hou, as aanvanklike beramings van sowat 1 miljard vate olie-ekwivalent akkuraat is.

4. Jan Taks se werkers dreig met staking oor verhogings

Asof die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) nie genoeg uitdagings het om sy belastingteikens te haal te midde van ’n swak ekonomie en belastingvermyding nie, dreig duisende van Jan Taks se werknemers met ’n staking as daar nie aan hul eise vir ’n behoorlike salarisverhoging voldoen word nie.

Die SAID se huidige aanbod is ’n verhoging van 4%.

5. ‘Voer’ jou eks vir ’n meerkat op Valentynsdag

Hartgebroke soos wat Valentynsdag nader kom?

As jy ’n eks het wat jou Valentynsdag as enkeling bederf, kan jy vanjaar ’n kokkerot na hom/haar/hulle laat vernoem en vir ’n meerkat laat voer.

Dié week op die nuuslys

Statistieke Suid-Afrika maak dié week die volgende syfers bekend:

  • Dinsdag: Werkloosheid
  • Woensdag: Kleinhandel
  • Donderdag: Mynbou, groot- en motorhandel
Meer oor:  Suid-Afrikaanse Inkomstediens  |  Said  |  Woolworths  |  Total  |  Eskom  |  Meerkat  |  Ham  |  Dieretuin  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.