Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-Sake: Beurtkrag, werkloosheid en grond
Werkers stap naby die koeltorings van die Hendrina-steenkoolkragstasie van Eskom naby Middelburg in Mpumalanga.

Hier is wat jy misgeloop het as jy nie Dinsdag Sake gelees het nie en wat jy Woensdag kan verwag.

Pres. Cyril Ramaphosa het Suid-Afrikaners Dinsdagaand onkant betrap toe hy ’n verklaring op TV oor grondeienaarskap uitgereik het.

Dit volg kort nadat die Internasionale Monetêre Fonds juis Suid-Afrika gewaarsku het oor planne om grond sonder vergoeding te onteien.

1. IMF maan SA oor grondgryp

Die voortslepende debat oor grondonteiening kan buitelandse beleggers beslis afskrik, maan die Internasionale Monetêre Fonds (IMF).

Dit “ondermyn die geloofwaardigheid van die regering se voorgenome prioriteit om beleggings te lok”, lui ’n verslag wat die IMF vandeesweek uitgereik het.

Lees ook: Cyril: ‘ANC gáán Grondwet verander

2. Eskom-stakings lei tot beurtkrag

Suid-Afrikaners het Dinsdagaand weer die prys vir die arbeidsonrus by Eskom betaal toe fase 1-beurtkrag ingestel is.

Die nasionale kragvoorsiener sê weens die onlangse stakings het hy nie die nodige vermoë om genoeg elektrisiteit te verskaf nie. Beurtkrag is van 17:00 tot 20:00 ingestel.

Lees ook: Beurtkrag dreig, Solidariteit help ligte aanhou

3. Werkloosheid styg in 2de kwartaal

Die amptelike werkloosheidskoers het in die tweede kwartaal vanjaar met 0,5 van ’n persentasiepunt tot 27,2% gestyg.

Dit is gemeet op ’n kwartaalgrondslag, volgens Statistieke Suid-Afrika (SSA) se kwartaallikse arbeidsmagpeiling (QLFS).

4. VBS-base voorlopig gesekwestreer

Drie van VBS Mutual Bank se voormalige base is voorlopig gesekwestreer.

Vele Investments, die grootste aandeelhouer in die bank, is gelikwideer.

Die aansoek vir die sekwestrasies en likwidasie is Dinsdag in die hooggeregshof in Johannesburg aangehoor.

5. 4 kan nou saamklets op WhatsApp-video

As jy deel is van ’n groep van vier beste vriende, sal WhatsApp se nuwe funksie jou baie beïndruk.

Die wêreld se gewildste kletsdiens laat nou groepvideogesprekke met tot vier deelnemers toe.

Woensdag op die nuuslys

ArcelorMittal Suid-Afrika maak sy halfjaarresultate tot einde Junie bekend. Die maatskappy het onlangs in ’n handelsverklaring gesê hy verwag om vir die eerste keer in ses jaar ’n wins te toon.

Absa maak sy aankoopbestuurdersindeks bekend, terwyl die jongste verkoopsyfers vir motors ook verwag word.

Meer oor:  Eskom  |  Cyril Rama­Phosa  |  Beurtkrag  |  Werkloosheid  |  Grondgryp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.