Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-Sake: Boeliebief, myne en nóg ’n digitale bank
boeliebeef
Suid-Afrikaners koop graag boeliebeef as die finansies knyp.

Kyk hier wat jy misgeloop het as jy nie Dinsdag Sake gelees het nie en wat jy Woensdag kan verwag.

Suid-Afrikaners het nou nóg ’n digitale bank waar hulle kan bank. Die keer is dit egter een van die bestaande banke wat hom in die digitale wêreld begeef. Hy glo dat sy produk, wat gesamentlike bankdienste bied, ’n unieke opsie vir kliënte sal wees.

1. Ford wil 7 000 poste sny

Die Amerikaanse motorreus Ford wil 7 000 van sy werknemers aflê, maar dis nog nie duidelik of dit ook sy Suid-Afrikaanse bedrywighede insluit nie.

Terwyl daar Maandag berig is dat Ford internasionaal sowat 10% van sy witboordjiewerkers, oftewel sowat 7 000 mense, wil aflê, het Ford Suider-Afrika gespog met sy uitvoerverkope.

2. Boeliebief vlieg weer van die winkelrakke

Dit lyk asof al hoe meer mense te midde van druk op hul beursie weer ’n smaak vir Bull Brand se boeliebief ontwikkel.

Verkope van Bull Brand, wat steeds die gewildste soutvleis in die land is, en ander vleisprodukte met ’n lang rakleeftyd het “bemoedigende herstel” getoon die afgelope ses maande, sê die handelsnaam se eienaar, Rhodes Food.

3. Lonmin sluit 6 myne, lê duisende af

Die platinummaatskappy Lonmin beplan om 4 100 werkers af te lê.

Dié ronde afdankings is by ses ou platinummyne wat leeggetap is van winsgewende erts en gesluit sal moet word.

4. My wêreld, só lyk African Bank se digitale bank

Wil jy ’n bankrekening hê waar jy maklik vir jou kinders ’n spaarrekening én ’n rekening vir sakgeld kan skep?

Of dalk wil jy ’n rekening vir jou boekklub skep waar al die lede maklik bydraes kan maak, maar net een lid gaan koop die boek wat julle wil lees?

African Bank het Dinsdag sy MyWorld-rekening bekend gestel wat aan dié vereistes voldoen.

5. Erik Venter groet by Comair

Erik Venter, uitvoerende hoof van die genoteerde lugdiensgroep Comair, het om persoonlike redes bedank.

Venter het 23 jaar vir Comair gewerk, wat die laekostelugdiens kulula.com en die plaaslike franchise van British Airways in Suid-Afrika bedryf.

Woensdag op die nuuslys

  • Die kommissie van ondersoek na gebeure by die Openbare Beleggingskorporasie hou sittings in Pretoria. Dit duur tot Donderdag.
  • Statistieke Suid-Afrika maak die jongste inflasiesyfer bekend.
  • Die Mineraleraad van Suid-Afrika hou sy jaarvergadering in Johannesburg.
Meer oor:  Lonmin  |  Ford  |  African Bank  |  Comair  |  Erik Venter  |  Boeliebeef
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.