Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-Sake: Breinkwyn, vleis en $1 mjd.
Die prys van vleis in April vir 'n derde maand in 'n ry gedaal. Foto: Unsplash

Kyk hier wat jy misgeloop het as jy nie Woensdag Sake gelees het nie en wat jy Donderdag kan verwag.

Het jy al daaraan begin dink om eerder oorsee groener weivelde te gaan soek? Luidens navorsing deur PwC is jy definitief nie die enigste Suid-Afrikaner wat dit oorweeg nie.

1. Pravin: Plan vir Eskom dié week klaar

Die tegniese taakspan wat aangestel is om bedrywighede by Eskom te hersien, sal nog dié week sy finale verslag voltooi.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het Dinsdagaand gesê hy verwag dat die span die plan teen Donderdag aan hom sal gee, waarna hy dit Vrydag aan pres. Cyril Ramaphosa sal gee.

2. Breinkwyn: 42% van beroepslui wil oorsee werk soek

Byna die helfte van gegradueerde beroepslui wil emigreer, volgens ’n nuwe peiling.

Altesame 42% van gegradueerde beroepslui wat aan ’n PPS-peiling deelgeneem het, sê hulle kry nie in Suid-Afrika werk wat by hul vaardighede pas nie en gaan daarom oorsee werk soek.

3. Vleisprys-bonanza gaan nie heeljaar duur

Maak maar nou jou vrieskas vol vleis, want die skrif is aan die muur vir die daling in vleispryse wat verbruikers die afgelope drie maande beleef het.

Volgens Statistieke Suid-Afrika (SSA) was ’n mandjie vleis in April 1,2% goedkoper as ’n jaar gelede – die derde maand in ’n ry dat pryse op ’n jaargrondslag daal.

Lees ook: Inflasie verras: Gaan dit rentekoers beïnvloed?

4. Dís hoekom Sasol-aanleg $1 mjd. meer gaan kos

Sasol is “uiters teleurgesteld” dat sy chemiese aanleg in Amerika waarskynlik nóg $1 miljard meer gaan kos as wat daar voorheen voorspel is.

Bongani Nqwababa, mede-uitvoerende direkteur van Sasol, het vroeg Woensdagoggend op ’n mediakonferensie gesê dat dié aanleg nou waarskynlik tussen $12,6 miljard en $12,9 miljard gaan kos.

5. Só sê SA diensverskaffers oor ‘Huawei-situasie’

Diensverskaffers het nog geen antwoord vir bekommerde kliënte wat wonder of hul Huawei-toestelle binnekort gaan ophou om Google se produkte te ondersteun nie.

Die Amerikaanse regering het onlangs besluit dat maatskappye in dié land nie meer programmatuur aan die Chinese tegnologievervaardiger mag verskaf tensy hulle toestemming daarvoor het nie.

Donderdag op die nuuslys

  • Die kommissie van ondersoek na gebeure by die Openbare Beleggingskorporasie hou sittings in Pretoria.
  • Die Reserwebank maak om 15:00 sy besluit oor die rentekoers bekend.
Meer oor:  Huawei  |  Sasol  |  Eskom  |  Pravin Gordhan  |  Inflasie  |  Vleis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.