Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-sake: Busse, huise en probleme
Facebook, Instagram en WhatsApp het Woensdagmiddag netwerkprobleme reg oor die wêreld ervaar.Foto: Twitter

Kyk hier wat jy misgeloop het as jy nie Woensdag Sake gelees het nie en wat jy Donderdag kan verwag.

Begin jy daaraan dink om jou huis te verkoop? Indien wel, beplan jy om ’n nuwe een te koop, of gaan jy dalk eerder huur?

Met die ekonomie wat druk is die vraag: hoe lyk die huismark?

1. Markus Jooste gaan eis van R858 m. wél bestry

Markus Jooste se regspan het Woensdagmiddag aangedui dat hy hom wel teen Steinhoff se siviele eis van nagenoeg R858 miljoen gaan verweer.

Die nodige dokumente waarin Jooste aandui dat hy van plan is om homself te verweer, is by die hooggeregshof in Kaapstad ingedien en aan Steinhoff se regspan gestuur.

2. Wil jy huiskoop of verkoop? Só staan die mark nou

Byna een uit vyf mense (19%) wat op die oomblik hul huis verkoop, doen dit omdat hulle finansieel in die nood verkeer.

En ’n hele 60% van dié mense koop dan nie ’n goedkoper huis nie, maar word huurders.

3. Gems 0, Openbare Beskermer 1

Die mediese fonds vir staatsamptenare (Gems) gaan appelleer teen die uitspraak van die hooggeregshof in Pretoria wat bevestig dat die openbare beskermer (OB) jurisdiksie oor hom het.

Dr. Guni Goolab, hoofbeampte van Gems, sê die mediese fonds glo daar is goeie gronde om te appelleer.

4. 6 busse daag by OBK as ‘bewyse’ op

’n Bus word gewoonlik as ’n voertuig beskou. Woensdag is ses busse egter as “bewysstukke” gebruik in die openbare sitting van die kommissie van ondersoek in Pretoria na gebeure by die Openbare Beleggingskorporasie (OBK).

Extent Mobility, voorheen bekend as Mobile Specialised Technology (MST), het ses busse as “bewysstukke” voor die gebou geparkeer waar die sittings in die Pretoriase middestad gehou word.

5. FB, Instagram en WhatsApp lol om dié rede

Facebook, Instagram en WhatsApp het Woensdagmiddag netwerkprobleme reg oor die wêreld ervaar, ook in Suid-Afrika.

Dit volg op soortgelyke probleme met gewilde Suid-Afrikaanse webwerwe soos Takealot.com, MyBroadband en News24.com die afgelope week.

Lees ook: Internet wankel weens ‘foutiewe programmatuur’

Donderdag op die nuuslys:

  • Statistieke Suid-Afrika maak die jongste statistieke bekend oor hoeveel krag Eskom opgewek het.
Meer oor:  Whatsapp  |  Openbare Beleggingskorporasie  |  Facebook  |  Markus Jooste  |  Busse  |  Obk-Kommissie  |  Internet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.