Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-Sake: Data, petrol en ’n hofsaak
Die prys van data moet daal, meen die Mededingingskommissie.

Hier is wat jy misgeloop het as jy nie Donderdag Sake gelees het nie en wat jy Vrydag kan verwag.

Die kommissie van ondersoek na gebeure by die Openbare Beleggingskorporasie is al sedert einde Januarie besig met sy ondersoek. Die vraag is nou, watter maatskappye se name het al in die getuienis opgeduik?

1. GEPF wil méér in ongenoteerde bates belê

Die staatspensioenfonds (GEPF) vaar baie goed. Maar dit is nie perfek nie, en behoort sy ongenoteerde beleggings uit te brei om meer regstreeks in die ekonomie te belê en te diversifiseer.

Só sê Abel Sithole, hoof van die GEPF, wat Donderdag aan die media verslag gedoen het oor die jongste aktuariële waardasie wat Alexander Forbes vir die fonds gedoen het.

2. SA netwerke ‘maak armes doelbewus armer’

Die manier waarop Suid-Afrikaanse diensverskaffers datapryse struktureer, buit doelbewus armer mense uit, het die Mededingingskommissie in sy markondersoek na die kwessie bevind.

Die kommissie het die bevindinge van sy ondersoek wat reeds in April 2017 begin is, Woensdag bekend gemaak.

3. Dié maatskappye al in OBK-ondersoek genoem

Die kommissie van ondersoek na gebeure by die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) is al bykans drie maande lank aan die gang.

Hier is ’n lys van al die maatskappye wat al in getuienis genoem is.

4. Swak rand, duur olie is slegte nuus vir petrolprys

Suid-Afrikaners gaan waarskynlik die storm wat om Eskom se jongste reddingsboei woed, regstreeks aan hul sakke voel.

Die rand het al met 42c tot R14,40 teenoor die dollar verswak sedert die nuus bekend geword het dat Eskom stil-stil met R5 miljard vanaf die regering van die afgrond gered is.

5. Steinhoff 1ste keer in hof in SA

Die aansoek om ’n dringende interdik te kry teen Steinhoff om hom te belet om Pepkor-aandele te verkoop word Donderdag in die hooggeregshof in Kaapstad aangehoor.

Dit sal die eerste keer wees sedert die ineenstorting van Steinhoff se aandeelprys in 2017 dat regsverteenwoordigers van die maatskappy in ’n hof in Suid-Afrika gaan verskyn om ’n saak teen die groep te verdedig wat uit die beweerde gekonkel met sy boeke voortspruit.

Donderdag op die nuuslys:

1. Die mynwerkersvakbond Amcu hou om 11:00 ’n mediakonferensie om die departement van arbeid se plan te bespreek om sy registrasie as vakbond te kanselleer.

Meer oor:  Steinhoff  |  Mtn  |  Openbare Beleggingskorporasie  |  Vodacom  |  Data  |  Petrolprys  |  Hofsaak  |  Obk-Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.