Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-sake: Die brandweer, ’n fout en groener weivelde

Baie Suid-Afrikaners oorweeg dit deesdae om hul vlerke te sprei en na groener weivelde te verhuis. Maar presies waar is hierdie weivelde? Kyk hier wat jy misgeloop het as jy nie Donderdag Sake gelees het nie.

  

Sommige kliënte van Capitec het probleme met duplikaataftrekkings op hul rekeninge gehad. Foto: Capitec

1. Mboweni speel wéér brandweerman oor Reserwebank

Tito Mboweni, minister van finansies, het Donderdag wéér brandweerman gespeel om vure te probeer blus oor die Reserwebank se onafhanklikheid. Dié keer is die brand gestig deur sy eie adjunk, David Masondo, wie se vroeëre uitlatings oor die repokoers in die parlement onder skoot gekom het.

  

2. Gaan bly hier vir ’n beter lewe, meer geld

Jong werkendes op soek na groener weivelde kan gerus ’n skuif na Switserland oorweeg.

Dié Europese land word deur die internasionale bankgroep HSBC as die beste vir buitelandse werkers gereken.

  

3. OBK ontken politieke druk voor belegging in Edcon

Die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) het Donderdag ten sterkste ontken dat hy weens druk van die vakverbond Cosatu in Edcon belê het.

Deon Botha, die OBK se hoof van korporatiewe sake, sê in ’n verklaring die OBK se belegging van R1,2 miljard in Edcon, namens die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF), “word deur gesonde handels-, maatskaplike en bestuursbeginsels ondersteun”.

  

4. Gesoek: IT-spesialiste, verpleërs en ambagslui

Kan jy ander tale praat – veral dié wat in die buiteland gepraat word? Is jy ’n programmeerder, dokter of verpleër? Indien wel, behoort jy nie net maklik in Suid-Afrika nie maar ook in die buiteland werk te kry.

  

5. Capitec skarrel om aftrekkings reg te stel

Capitec se oproepsentrum is glo Donderdag oorval met navrae nadat geld twee keer van sommige kliënte se rekeninge afgetrek is. Die geld wat afgetrek is, was die transaksiegelde.

LEES OOK: Reserwebank wil aandele in African Bank verkoop

Meer oor:  Edcon  |  Capitec  |  Obk  |  Reserwebank  |  Tito Mboweni  |  Werk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.