Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-Sake: Die groot, groot bank-skandaal

Hier is wat jy misgeloop het as jy nie Donderdag Sake gelees het nie en wat jy Vrydag kan verwag.

Die geraamtes het dié week behoorlik uit die bankkluis geval. Die verslag – “The Great Bank Heist” – wat vertel wat by VBS Mutual Bank gebeur het, het Suid-Afrikaners behoorlik aan die praat gehad.

Die regering oorweeg ’n nuwe manier om die petrolprys te bereken, maar is dit goeie nuus? Foto: Pixabay

  

1. ‘Rassis’ red R60 miljoen van VBS Mutual Bank

’n Afrikaanssprekende vrou is as ’n rassis uitgekryt toe sy beswaar gemaak het teen ’n onwettige belegging by VBS Mutual Bank. Nou is sy een van die bitter min helde in die verslag oor die plundery van dié onderlinge bank.

Lees ook: Die A-Z van die VBS-skandaal

   

2. Maksimum prys vir petrol: Wie gaan dan betaal?

As die regering ’n maksimum prys vir loodvrye petrol vasstel, gaan iemand – waarskynlik gewone mense – die prys daarvoor moet betaal.

Só reken prof. Jannie Rossouw, hoof van die skool vir ekonomiese en sakewetenskappe aan die Universiteit van die Witwatersrand, oor dié voorstel wat Donderdag gedoen is.

  

3. BTW kan weer verhoog!

Dis geen uitgemaakte saak dat die regering nie die BTW-koers in Februarie se begroting nog verder kan verhoog nie, meen Bernard Sacks, belastingvennoot van die ouditgroep Mazars.

    

4. JSE daal 2,6%; langste daling sedert Februarie

Die aandelebeurs het Donderdagoggend 2,6% geval en is op pad om sy langste daling sedert Februarie voort te sit. Die indeks het Woensdag 2,5% gedaal en met 1 374 punte tot 52 813 geval.

   

5. Mediese fonds se spandabel kurator gepos

Die kurator van die mediese fonds Samwumed van die Suid-Afrikaanse munisipalewerkersvakbond is gepos, onder meer weens haar beweerde spandabelrige besteding by die fonds.

Royal Aldorance Khosana is R234 000 per maand betaal plus uitgawes, wat nog minstens R100 000 per maand beloop het.

  

Vrydag op die nuuslys

  • Moody’s Investor Service kan moontlik sy nuutste besluit oor Suid-Afrika se kredietgradering neem.
  • Spotify verjaar - kyk uit vir die lys van 10 gewildste albums die afgelope dekade!
Meer oor:  Sakpas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.