Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-sake: Die hel, banke en naakte groente
Die sogenaamde ‘naakte’ groente-muur in PnP-winkels wat tans getoets word as ’n manier om plastiekbesoedeling te beperk. Foto: Verskaf

Kyk hier wat jy misgeloop het as jy nie Maandag Sake gelees het nie.

Jan Taks wil ’n plan met sy leë beursie maak.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het Maandag aangekondig hoe hy van plan is om seker te maak belastingbetalers betaal hom elke sent wat hulle aan hom verskuldig is.

1. Hierop wil Jan Taks vanjaar toeslaan

Mense wat eiendom verhuur en nie dié inkomste verklaar nie, moet ligloop vir Jan Taks.

Net so moet mense nie dink dat hulle ’n vrypas kry as hulle belastingopgawes laat indien of versuim om dit te doen nie.

2. Moyo vs. Manuel: ‘Toe breek alle hel los’

Peter Moyo sê die “ware rede” vir sy afdanking by Old Mutual is omdat hy sy stem dik gemaak het oor ’n belangebotsing waarby Trevor Manuel, voorsitter van Old Mutual se direksie, betrokke was.

3. Naakte groente, enigiemand? PnP hoop so

Vroeër was dit onvanpas om vrugte en groente nié in mooi verseëlde verpakkings te verkoop nie, nou is die oormatige plastiek ’n probleem. En Pick n Pay (PnP) hoop jy stem saam.

4. Saak teen Markus Jooste kan jare lank sloer

Die uurglas is vinnig besig om leeg te loop vir Markus Jooste om aan te dui of hy hom gaan verweer teen die siviele eis wat Steinhoff teen hom ingestel het.

Maar selfs al is daar ’n baie spesifieke tydlyn vir hom om aan te dui of hy hom gaan verweer en daarna op watter gronde, gaan dié siviele hofsaak in die hooggeregshof in Kaapstad waarskynlik jare lank duur, volgens ’n regskenner. Dit kan selfs jare duur voordat ’n hofdatum bepaal word.

5. Bank mag nie meer geld net tussen rekeninge oorplaas

Jou bank mag nie meer sonder jou toestemming geld uit jou bankrekening neem om jou skuld by dieselfde bank te vereffen nie.

Dit beteken jou bank mag nie die geld in jou tjek- of spaarrekening outomaties na ’n persoonlike, motor- of huislening of kredietkaart skuif sonder dat jy ’n debiet- of aftrekorder gemagtig het nie.

Meer oor:  Suid-Afrikaanse Inkomstediens  |  Pick N Pay  |  Steinhoff  |  Old Mutual  |  Markus Jooste  |  Trevor Manuel  |  Peter Moyo  |  Banke  |  Belasting  |  Groente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.