Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-sake: Droewige syfers en ’n 20-uur vlug
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens wil belastingbetalers aanmoedig om hul opgawes elektronies in te dien.

Kyk hier wat jy misgeloop het as jy nie Dinsdag Sake gelees het nie en wat jy Woensdag kan verwag.

Suid-Afrikaners is geskok toe Statistieke Suid-Afrika die nuutste ekonomiese groeisyfer bekend gemaak het.

Baie mense het verwag dat dit dalk glad nie klopdisselboom gaan met die ekonomie nie, maar hulle het nie dié slegte nuus verwag nie.

1. BBP daal meeste sedert Groot Resessie

Ekonomiese groei in die eerste kwartaal van 2019 het met ’n skokkende 3,2% ingekrimp, met net drie uit tien bedrywe wat enigsins groei aangeteken het.

Statistieke Suid-Afrika (SSA) het Dinsdag die jongste bruto binnelandse produk (BBP) syfers uitgereik in ’n omgewing waar bykans elke vooruitskatting vir vanjaar se groeisyfers die afgelope maand een na die ander beduidend afwaarts aangepas is.

Lees ook: BBP: Fiskale afgrond skeur oop weens tam groei

2. Dien jou taks-opgawe in 4 minute in met nuwe app

Dit gaan jou net sowat vier minute neem om Jan Taks se app af te laai en jou belastingopgawe in te dien.

Dit is die belofte van Ed Kieswetter, kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), Dinsdag tydens die bekendstelling van die nuwe belastingseisoen vir 2019.

Lees ook: Jan Taks het sy mes in vir korrupsie

3. EKSKLUSIEF: Koper vir Hamleys gevind

As alles volgens plan verloop, gaan Toy Kingdom die franchise-regte vir die Britse speelgoedwinkel Hamleys oorkoop nadat hy sy aanbod effens verhoog het.

Dit beteken kinders gaan in die toekoms steeds hul gunsteling-speelgoed by ’n Hamleys-speelgoedwinkel kan koop.

4. Hoë verlaat PwC oor rassevoorval op lughawe

’n Uitvoerende beampte van PwC, wat op video opgeneem is terwyl hy rasse-uitsprake oor “julle mense” en die toestand waarin die land verkeer “oor julle mense” maak, het die diens van dié bekende ouditeursfirma verlaat en tugstappe sal gedoen word.

PwC het Maandag aan News24 bevestig dat een van sy uitvoerende beamptes, wat betrap is dat hy ’n gesin op die Kaapstad Internasionale Lughawe beledig het deur rassistiese uitsprake te maak, nie meer by die firma werk nie.

5. Sal jy só vir 20 uur kan vlieg?

’n Plekkie om te gaan staan en water te drink – dit is weens gewigsbeperkings al wat oorbly van die Australiese lugdiens Qantas se beoogde geriewe op sy beplande vlugroete van halfpad om die wêreld.

Woensdag op die nuuslys

  • Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, stel ’n nuwe reeks munte bekend om 25 jaar van demokrasie in Suid-Afrika te vier.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.