Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-sake: Duur medies en boere op YouTube
Mediese fondse kan moontlik nog duurder word. Foto: iStock

Kyk hier wat jy misgeloop het as jy nie Maandag Sake gelees het nie en wat jy Donderdag kan verwag.

Om vandag siek te word is nie grappies nie. Ná ’n besoek aan die dokter voel jy én hou beursie olik. Die nuus dat bydraes tot mediese fondse waarskynlik skerp gaan styg, is soos sout in ’n wond.

1. Só maak Shoprite ná amper 500 rooftogte ’n jaar

Die Shoprite-groep het ’n teenmisdaadspan op die been gebring en belê groot in gesofistikeerde veiligheidstelsels nadat amper 500 gewapende rooftogte en inbrake in die afgelope jaar by sy winkels plaasgevind het.

2. Verwag ‘skerp styging’ in mediese premies

Lede van mediese fondse moet hulle staal vir verhogings van gemiddeld 8,8% in hul premies in 2020, waarsku die adviesfirma GTC.

LEES OOK: Rol van mediese fondse ‘gaan verander onder NGV’

3. Denel-werkers in Julie wéér laat betaal

Denel sal vir die tweede opeenvolgende maand nie sy werknemers se salaris op betaaldag kan betaal nie.

LEES OOK: Solidariteit wil hof toe oor Denel en salarisse

4. Dié boere verdien nou meer uit YouTube as boerdery

Die tye is beslis besig om te verander: Boere kan meer geld uit die maak van video’s oor boerdery op YouTube verdien as deur te boer.

5. Begin nóú jou Desember-vakansie beplan

Dit voel dalk vir jou nog 100 jaar voor Kersfees, maar die Automobiel-Assosiasie (AA) se reisafdeling, AA Travel, sê nóú is ’n baie goeie tyd om jou vakansieplanne te maak.

Dinsdag op die nuuslys

  • Dan Matjila, voormalige uitvoerende hoof van die Openbare Beleggingskorporasie, getuig weer voor die kommissie van ondersoek na gebeure by dié instansie.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.