Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-Sake: E-handel, ’n haas en ’n vol dagboek
’n Argieffoto waarin die fotograaf Lucas Jackson weerkaats word in die beeldhouwerk Rabbit tydens ’n media-voorskou van die opening van ’n Jeff Koons-uitstalling in New York in Junie 2014. Foto: Reuters

Hier is wat jy misgeloop het as jy nie die naweek Sake gelees het nie en wat jy dié week kan verwag.

Hoeveel sal jy vir ’n kunswerk betaal? En boonop een wat deur ’n kunstenaar wat nog leef gemaak is?

Iewers was ’n versamelaar bereid om miljoene dollars vir ’n unieke kunswerk te betaal.

1. Eskom se R7,7 mjd. einde April ‘te min’

Eskom gaan binne twee weke weer vir geld moet soebat, glo die bedryfskenner Ted Blom oor die staatsonderneming se finansiële situasie.

Die kragmaatskappy het Vrydag in ’n verklaring op die JSE se nuusdiens aangedui sy likiditeitsposisie (hoeveel kontant en bronne soos kontant hy oorgehad het) was einde April R7,7 miljard.

2. Huiswerkers ‘kan nie van dié lae loon leef’

Een uit elke vyf huiswerkers verdien minder per maand as wat dit sou kos om ’n bakkie se tenk met brandstof te vul.

Dis een van die onthutsende feite wat na vore kom in ’n opname deur SweepSouth, die aanlyn platform waarop jy ’n huiswerker kan huur.

3. Afrika se e-handel is ’n suksesverhaal

Jumia, Afrika se e-handelplatform wat in 14 Afrika-lande sake doen en onlangs in New York genoteer het, se inkomste het in 2018 met 39% opgeskiet teenoor ’n jaar tevore. Die waarde van sy bestellings was 68% hoër op ’n jaargrondslag.

Hoewel die maatskappy nog nie ’n wins toon nie en kenners waarsku oor verskeie uitdagings, is hulle dit ook eens dat die platform se groeipotensiaal rooskleurig is.

4. Gesoek: Werk vir 9,9 miljoen mense

As Suid-Afrika daarin kan slaag om ook buitelandse klein- en middelslagondernemings (KMO’s) as beleggers hierheen te lok, kan baie meer werk geskep word. Dit is die mening van kenners die afgelope week op ’n paneelbespreking oor Suid-Afrika se vooruitsig as regstreekse buitelandse beleggingsbestemming en die invloed daarvan op indiensneming.

5. $91 miljoen vir staalhasie

’n Kunswerk van die Amerikaanse kunstenaar Jeff Koons – bekend om sy popkultuurskeppings – het die afgelope week dié rekordprys op ’n veiling van die afslaer Christie’s in New York behaal.

Dié prys (R1,3 miljard) vir die vlekvryestaalbeeld Rabbit is die meeste wat nog vir die werk van ’n lewende kunstenaar betaal is.

Dié week op die nuuslys

  • Die kommissie van ondersoek na gebeure by die Openbare Beleggingskorporasie hervat sy sittings in Pretoria. Dit sal van Maandag tot Donderdag duur.
  • Die versekeraar Liberty maak Maandag statistieke bekend oor eise wat hy in 2018 ontvang het.
  • Statistieke Suid-Afrika maak Maandag die jongste statistieke oor toerismeverblyf en Woensdag oor inflasie bekend.
  • Die Mineraleraad van Suid-Afrika hou Donderdag sy jaarvergadering in Johannesburg. Gwede Mantashe, minister van minerale bronne, woon dit by.
  • Die Reserwebank maak Donderdag sy besluit oor die rentekoers bekend.
  • Die kredietgradeerder Standard & Poor’s maak na verwagting laat Vrydagaand sy besluit oor Suid-Afrika se kredietgradering bekend.
  • Verskeie maatskappye reik resultate uit:
    • Maandag: Pioneer (halfjaar)
    • Dinsdag: Tiger Brands (halfjaar), Rhodes Food Group (halfjaar) en Lewis (jaar)
    • Donderdag: Mediclinic (jaar)
    Meer oor:  Jumia  |  Eskom  |  Huiswerkers  |  E-Handel  |  Haas
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.