Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-sake: E-tol en 'n bank wat wil oefen
tito mboweni
Tito Mboweni, minister van finansies. Foto: Elvira Wood

Kyk hier wat jy misgeloop het as jy nie Woensdag Sake gelees het nie en wat jy Donderdag kan verwag.

Tito Mboweni, minister van finansies, het Woensdag ’n klomp aanstellings by die Reserwebank en die Openbare Beleggingskorporasie gemaak.

1. Kganyago vir nog 5 jaar by Reserwebank

Lesetja Kganyago is vir nog vyf jaar as die hoof van die Reserwebank deur pres. Cyril Ramaphosa aangestel.

Die aanstelling is ná konsultasie met Tito Mboweni, minister van finansies, en die direkteure van die Reserwebank gedoen.

LEES OOK: Reserwebank: Só lank het vorige presidente gedien

2. Denel se werknemers opnuut op hul knieë

Werknemers van die staat se wapentuigvervaardiger het Dinsdag nog ’n klap in die gesig gekry toe hulle ingelig is aftrekkings van hul laat salaris in Junie, het nie by hul pensioen- of mediese fonds uitgekom nie.

In ’n interne nuusbrief van Denel se aftreefondsbestuurder wat Netwerk24 gesien het, is personeel ingelig al is dié geld van hul salaris afgetrek, het dit nooit by hul pensioen- en mediese fonds uitgekom nie.

3. Maria Ramos op nuwe OBK-direksie

Tito Mboweni, minister van finansies, het eindelik ’n nuwe direksie vir die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) aangestel.

Dit is egter slegs ’n waarnemende direksie wat van 12 Julie 2019 tot 31 Julie 2020 sal dien.

LEES OOK: OBK-ondersoek: Dít is wat Matjila getuig het

4. Oefen nou vir afslag by FNB

As die stand van jou bankrekening jou effens duiselig laat voel, wil FNB jou nou help om nie net jou finansiële gesondheid nie, maar ook jou fisieke gesondheid te verbeter.

5. Tito raas en blaas, maar betaal self géén e-tol

Tito Mboweni, minister van finansies, sluk waarskynlik sy woorde nadat dit Woensdag aan die lig gekom het dat hy vanweë sy ministeriële voordele self nie e-tol betaal nie.

Mboweni vaar die afgelope paar dae op Twitter uit teen die sogenaamde “wanbetalers” van dienste soos e-tol.

Donderdag op die nuuslys

  • Dan Matjila, voormalige uitvoerende hoof van die Openbare Beleggingskorporasie, getuig voor die kommissie van ondersoek na gebeure by dié instansie.
  • Statistieke Suid-Afrika maak die jongste mynbou- en vervaardigingsyfers bekend.
Meer oor:  Openbare Beleggingskorporasie  |  Obk  |  Amsa  |  Reserwebank  |  Tito Mboweni  |  Lesetja Kganyago  |  Obk-Ondersoek  |  E-Tol
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.