Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-Sake: ‘Ek wed jou ek kan...’
Suid-Afrikaners het vanjaar drie weke minder om hul belastingopgawes in te dien.

Hier is wat jy misgeloop het as jy nie Maandag Sake gelees het nie – en wat jy Dinsdag kan verwag.

Wag jy altyd tot die laaste nippertjie voordat jy jou belastingopgawe indien?

Vanjaar gaan jy definitief vinniger moet spring as jy nie ’n boete van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens op die hals wil haal nie.

Sal jy bereid wees om R100 000 van jou eie geld te wed dat jou maatskappy homself weer winsgewend sal maak?

Lees wie is wel bereid om so ’n enorme weddenskap aan te gaan en aan wie die bedrag betaal gaan moet word.

  

1. Vanjaar moet jy vinnig spring met belasting

Jy gaan vanjaar drie weke minder tyd hê om jou belastingopgawe in te dien.

Mark Kingon, waarnemende kommissaris van die Suid-Afrikaans Inkomstediens (SAID), het Maandag by die SAID se kantore in Brooklyn, Pretoria, aangekondig belastingbetalers wat eFiling gebruik, het vanjaar van 1 Julie tot 31 Oktober 2018 om hul opgawes in te dien. Verlede jaar was die spertyd eers 24 November.

Lees ook: Dien opgawes eerder aanlyn in – SAID

  

2. Steinhoff daal tot nuwe laagtepunt

Steinhoff het Maandag op net R1,07 per aandeel gesluit. Dit is die laagste sluitingstydprys en ook die laagste intradagprys nóg.

Lees ook: Steinhoff Retail: Remgro stel glo nie belang

   

3. SAL-hoof wed lugdiens sal teen 2021 wins maak

Vuyani Jarana, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, het die uitdaging aanvaar en sal R100 000 uit sy eie sak aan ’n welsynsorganisasie betaal as die SAL nie teen 2021 winsgewend is nie.

Dit kom nadat Leon Louw, uitvoerende direkteur van die Vryemarkstigting, gesê het hy sal R100 000 aan ’n welsynsorganisasie betaal as die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) teen einde Maart 2021 wel winsgewend is.

Lees ook: SAL kort 3 jaar, en geld sê hoof

  

4. 400 by KPMG hul werk kwyt

Nagenoeg 400 mense kan hul werk kwyt wees omdat KPMG verskeie van sy streekkantore sluit.

Die ouditfirma, wat miljarde rande se inkomste verloor het nadat maatskappye hom as eksterne ouditeur afgedank het, het in ’n verklaring aangekondig hy “hervorm” sy bedrywighede in Suid-Afrika.

  

5. Myeni nooit by minister van vervoer aangestel

Dudu Myeni, omstrede vorige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) en ’n vertroueling en vriendin van oudpres. Jacob Zuma, is toe nooit as spesiale raadgewer van die minister van vervoer aangestel nie, omdat sy nie haar akademiese kwalifikasies kon bevestig nie.

Dr. Blade Nzimande, minister van vervoer, het in ’n geskrewe antwoord op ’n parlementêre vraag van Derrick America van die DA gesê Myeni se aanstelling is nooit gefinaliseer nie.

  

Dinsdag op die nuuslys

  

Die groot nuus Dinsdag is wanneer Statistieke Suid-Afrika (SSA) die nuutste ekonomiese groeisyfers bekend gaan maak.

Die Junior Indaba oor mynbou begin by die Johannesburgse Buiteklub in Auckland Park, terwyl verhore deur die mededingingskommissie oor openbare vervoer in Suid-Afrika in Johannesburg voortgaan.

PwC stel sy nuutste verslag oor die stand van mynwese in Afrika bekend en die vakbond Solidariteit gaan sy plan oor hoe om die invloed van Amerikaanse invoertariewe op staal en aluminium teen te werk in Centurion uiteensit.

Hou Netwerk24 ook dop vir die nuutste in die voortslepende Steinhoff-sage!

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.