Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-Sake: Geheime, klagte en atjar
Die Lanzerac-landgoed op Stellenbosch.

Hier is wat jy misgeloop het as jy nie Dinsdag Sake gelees het nie, en wat jy Woensdag kan verwag.

Wie besit nou eintlik die wynlandgoed Lanzerac? Ná maande se bespiegeling, is die besonderhede eindelik bekend gemaak.

Dit lyk ook of die tyd nou verby is vir Anoj Singh, voormalige finansiële hoof van Eskom, om geheime te hou.

1.  Lanzerac lig sluier oor sy eienaar

Ná vier maande het die wynlandgoed Lanzerac uiteindelik die sluier gelig oor wie nou eintlik sy eienaar is. Die landgoed het nou bevestig sy eienaar is Pavillion Capital Investments Beperk. Dié maatskappy word deur Malcolm King (74) besit.

King is ’n Britse burger en sy woonadres word op dokumente van die maatskappy as 9 La Rocque, Mont de la Rocque, St. Brelade, Jersey, aangedui. Lanzerac wou tot onlangs nog geen vrae beantwoord oor wie sy eienaar is nie.

2. Anoj Singh moet sing oor dié Eskom-sake

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (Saica) het die lys klagte wat hy ondersoek teen Anoj Singh, voormalige finansiële hoof van Eskom, bekend gemaak.

Hy het Dinsdag in ’n verklaring gesê kragtens sy reëls mag hy sodanige klagte bekend maak as hy meen dit is in die openbare belang.

3. Oud-Gupta-borg raak ook ontslae van KPMG

Sasfin Bank het Dinsdagoggend die soveelste maatskappy geword wat die ouditeursfirma KPMG in die pad gesteek het. Hy sê in ’n kort verklaring op die JSE se nuusdiens, Sens, dat hy ter wille van die onafhanklikheid van sy ouditeure, albei sy ouditeure met onmiddellike effek vervang. Die ander ouditeur was Grant Thornton. Hulle word nou deur PwC vervang.

Sasfin was voorheen die borg van Oakbay wat aan die Guptas behoort.

Lees ook: KPMG in Brittanje gekap oor gehalte van werk

4. Karan Beef: Berigte oor transaksie ‘ongegrond’

Berigte dat Karan Beef se bestuur die maatskappy wil uitkoop met finansiering van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK), is glo ongegrond.

Volgens Anso Bracken, bemarkingsbestuurder van die grootste voerkraal in Afrika, is die berig wat Dinsdagoggend vroeg op die nuusdiens Bloomberg verskyn het, “blote bespiegeling” en is Karan Beef onseker waar die inligting vandaan kom.

5. Suid-Afrikaners hou nie van BTW op hul atjar

Uit die meer as 440 voorleggings wat die subkomitee oor BTW-vrye kossoorte al ontvang het, was 12 oor mango-atjar, het prof. Ingrid Woolard, voorsitter van die subkomitee, Dinsdag gesê.

Die subkomitee moes op 20 Junie verslag doen, maar het nou uitstel gekry.

Woensdag op die nuuslys:

Statistieke Suid-Afrika sê om 10:00 wat die inflasiesyfer vir Mei was.

Meer oor:  Kpmg  |  Karan Beef  |  Guptas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.